Mi­cha­el steek kleim af vir die WP

Beeld - - SPORT - S­te­phen Nell

Die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie se se­ge van 34-19 oor die Pu­mas in ’n Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd Sa­ter­dag op Nu­we­land is nie een wat in die ge­heue sal voort­leef nie, maar dit was ’n groot dag in die le­we van Mi­cha­el Kum­bi­rai.

John Dob­son, die WP se brei­er, het dié jong vas­kop­stut ge­loof vir sy s­terk ver­to­ning na­dat Frans van Wyk weens siek­te die og­gend van die wed­stryd aan die span ont­trek moes word.

Met Wil­co Louw boon­op langs die kant­lyn met ’n knie­be­se­ring en Frans Mal­her­be ’n ge­kon­trak­teer­de S­pring­bok, het die S­treep­truie met Kum­bi­rai by hul vier­de vas­kop­stut ge­trek.

Die 21-ja­ri­ge I­key, wat deur die Blou Bul­le se jeug­struk­tu­re ge­vor­der het, het soos ’n ve­te­raan ge­skrum.

“Mi­cha­el is eint­lik ’n baie erns­ti­ge stu­dent en ek dink hy het on­langs met ’n graad in siel­kun­de ge­gra­du­eer. Hy het aan die be­gin van dié sei­soen in die Var­si­ty­be­ker-reeks ge­speel en speel nou Cur­rie­be­ker-rug­by,” het Dob­son ge­sê.

“Hy kwa­li­fi­seer nog om vir die o.21-span te speel en het uit­ge­blink teen ’n ge­sou­te pak. Ek het nooit ver­wag dat hy nou al Cur­rie­be­ker-rug­by sal speel nie. Dís iets om oor op­ge­won­de te wees.”

Kum­bi­rai was twee jaar ge­le­de by die WP se Rug­by­in­sti­tuut in S­tel­len­bosch.

“Ver­le­de jaar het ek nog ge­sien hoe hy swaar­kry in ’n Var­si­ty­be­ker-wed­stryd teen S­him­las.”

Die WP se goeie spel in die vas­te fa­set­te was uit­ein­de­lik be­pa­lend in hul se­ge. Met die kap­tein, Chris van Zyl, aan die voor­punt het die WP uit die staan­spoor die ki­taar by die lyn­sta­ne ge­slaan, ter­wyl hul­le ook bo was in die skrums.

“Ek dink ons het teen die Pu­mas baie skool­geld be­taal om ’n span te word. Ho­pe­lik kan ons nou ons rit­me vind,” sê Dob­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.