Pro­te­as­ge­suk­kel be­slis nie bou­lers se skuld

Beeld - - SPORT - Al­tus Mom­berg

Wan­neer Suid-A­fri­ka van­dag of mô­re die vier­de krie­ket­toets, en dus die reeks, teen En­ge­land ver­loor, sal dit be­slis nie sy bou­lers wees wat die skuld moet kry nie.

Nee, die bou­lers het gis­ter op dag 3 van die vier­de toets in Man­ches­ter die so­veel­ste maal in die reeks hul kant ge­bring.

Jy kan jou hart uit­boul, maar as jou kol­wers nie ge­noeg lo­pies aan­te­ken nie, is daar nie veel wat die bou­lers daar­aan kan doen nie.

En­ge­land het gis­ter­mid­dag in sy twee­de kolf­beurt 224/8 be­reik toe re­ën spel ge­staak het. Dit is reeds ’n voor­sprong van 360 lo­pies.

Die Pro­te­as se he­le bou­l­aan­val het uit­ge­blink.

Mor­né Mor­kel, tot dus­ver die Pro­te­as se bes­te bou­ler op die toer, het weer ge­wys wat in hom steek.

Suid-A­fri­ka, wat die dag op 220/9 be­gin het, se laas­te paal­tjie het bin­ne ’n kwar­tier ge­spat, so­dat hul­le vir 226 uit­ge­haal is.

Dit het En­ge­land ’n voor­sprong van 136 lo­pies op dié kolf­blad ge­gee. En as mens in ag neem hoe kwes­baar die Pro­te­as se kolf­lys is, is die koe­ël am­per reeds deur die kerk.

Mor­kel (2/39) het soos ge­bruik­lik in die reeks, die bui­te­rand van die kol­we met re­ël­maat ge­klop.

Ka­gi­so Ra­ba­da (2/37) en Kes­hav Ma­ha­raj het ook ge­help om die druk op die En­ge­land kol­wers te hou.

Die ster ná die mid­dag­e­te was Du­an­ne O­li­vier (3/38). Dié K­nig­hts-bou­ler het slegs sy kan­se in die reeks ge­kry dank­sy die skor­sing van Ra­ba­da en die be­se­ring van P­hi­lan­der.

Hy het nie die mas op­ge­kom op T­rent B­rid­ge nie, maar het be­ter in die eer­ste beurt van dié toets ge­vaar.

O­li­vier het sy bes­te peil gis­ter be­reik, ver­al na ’n won­der­li­ke sar­sie af­le­we­rings na Ben S­to­kes waar hy hom ’n he­le paar keer bui­te die weg­pen ge­klop het.

Fo­to: GETTY IMAGES

Het hom! Du­an­ne O­li­vier na­dat hy gis­ter in Man­ches­ter die paal­tjie van die En­gel­se kap­tein, Joe Root, in­ge­oes het.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.