Net­bal­baas brie­send oor Gau­teng se laks­heid

Beeld - - SPORT -

Daar sal ’n ondersoek wees en erns­ti­ge vrae sal ge­vra word of spe­lers gel­di­ge re­des het waar­om hul­le nié van­dees­week aan die na­si­o­na­le net­bal­toer­nooi deel­neem nie.

Mi­mi Mt­hethwa­Zu­lu, pre­si­dent van Net­bal Suid­A­fri­ka (NSA), het gis­ter in Dur­ban ge­sê dit is ’n be­kom­mer­nis dat som­mi­ge spe­lers wat in die na­si­o­na­le P­re­mier­liga ge­speel het, nié hier in ak­sie sal wees nie.

Die toer­nooi be­gin van­dag. Gau­teng stuur ge­woon­lik twee se­ni­or span­ne na die kam­pi­oen­skap­pe, maar van­jaar is daar net een.

Daar is wel ’n Gau­teng­se B­ en ’n o.21­span.

Gau­teng het proe­we ge­hou en twee se­ni­or span­ne in­ge­skryf, maar op die nip­per­tjie een ont­trek.

On­be­skik­baar­heid van spe­lers, on­ver­moë om ver­lof by die werk te kry en fi­nan­si­ë­le oor­we­gings is aan­ge­voer as die re­des daar­voor.

“Ons be­stee baie geld so­dat spe­lers vir agt we­ke lank in die P­re­mier­liga kan speel. Ons wil net hê hul­le moet iets te­rug­gee, soos om hier te speel,” sê Mt­hethwa­Zu­lu.

“Ons sal moet uit­vind of hul­le gel­di­ge re­des het.”

Ma­mi Di­a­le, die toer­nooi­di­rek­teur, sê pro­vin­sies is reeds in Ok­to­ber in­ge­lig dat van­jaar se toer­nooi weer in Dur­ban sou plaas­vind.

Die toer­nooi word el­ke jaar in die­self­de week van Au­gus­tus ge­hou.

Die Wes­Kaap is die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen in Af­de­ling A.

Noord­wes se B­span was ver­le­de jaar die kam­pi­oen. – Ann­chen Nel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.