Wat van Com­brinck?

S­PRING­BOK­GROEP Vrae oor vleu­el se weg­la­ting

Beeld - - SPORT - Ma­ri­zan­ne Kok

Hy het die Leeus twee we­ke ge­le­de met ys in sy are tot in die Su­per half­eind­ron­de ge­skop, in se­we Su­per­wed­stry­de vyf drieë gaan druk en die land met ’n rits s­terk lo­pies en mon­sterskop­pe aan sy veel­sy­dig­heid en X-fak­tor her­in­ner.

En tog sal die Leeus-vleu­el Ru­an Com­brinck die aan­vang van die S­pring­bok­ke se veld­tog in die Rug­by kam­pi­oen­skap oor twee we­ke op te­le­vi­sie moet volg, na­dat hy nie Sa­ter­dag in die Bok­groep van 34 spe­lers in­ge­sluit is nie.

Com­brinck se weg­la­ting is die groot­ste skok in die groep en is op so­si­a­le me­dia met mis­noeë deur on­der­steu­ners be­groet.

Die S­pring­bok af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, het vol­hard met die ag­ter­ste drie­hoek wat in die reeks teen Frank­ryk ge­speel het. Saam met An­dries Coet­zee, Court­nall S­ko­san en Ray­mond R­hu­le is die Bul­le se War­rick Ge­lant en S­tor­mer Dil­lyn Leyds vir daar­die po­si­sies in­ge­sluit.

R­hu­le, wat soos Com­brinck met die nom­mer 14 op sy rug speel, het in van­jaar se Su­per­reeks 38 duik­slae ge­mis (meer as e­nig­ie­mand an­ders) en 37 keer aan­ge­slaan. Hy het wel ses drieë vir die C­hee­tahs ge­druk, maar sy ver­de­di­ging bly ver­dag. In die reeks teen Frank­ryk het hy 11 duik­slae ge­mis.

Daar kan met reg ook vrae ge­vra word oor die mid­del­veld.

Die sen­ter­paar van Jan Ser­fon­tein en Jes­se K­riel het hul­self teen die Ha­ne uit­ste­kend van hul taak ge­kwyt en be­hoort teen Ar­gen­ti­nië weer te be­gin. Die an­der sen­ters in die groep is Da­mi­an de Al­len­de en Fran­cois Ven­ter, wat nie een die wê­reld aan die brand ge­speel het nie.

Ro­han Jan­se van Rens­burg het in Sa­ter­dag­se Su­per rug­by eind­stryd’ n on­mid­del­li­ke im­pak ge­maak toe hy van die bank ge­kom het, maar dit het straks teen hom ge­tel dat hy eers ver­le­de maand van ’n be­se­ring te­rug­ge­keer het.

Ha­rold Vor­ster het sy skoe­ne goed vol­ge­staan en Luk­ha­nyo Am was een van die Haaie se groot­ste staat­ma­kers. On­danks be­ter sta­tis­tie­ke as De Al­len­de en Ven­ter is al­bei oor­ge­sien vir Bok­kleu­re.

On­der die voor­spe­lers was daar min­der ver­ras­sings.

S­te­phen Nell be­rig dat die S­pring­bok­ke se nr. 1-trui dalk nou vir S­te­ven Kits­hoff wink.

Die Bok­be­stuur sal Dins­dag met die groep se saam­trek in Port E­li­za­beth ’n be­ter i­dee hê oor Be­ast M­ta­wa­ri­ra se kan­se om fiks te wees vir die wed­stryd teen Ar­gen­ti­nië. Hy het sy nek teen Frank­ryk be­seer.

Maar on­ge­ag M­ta­wa­ri­ra se toe­stand is dit tyd vir Kits­hoff om in die be­gin­span te speel. Die Be­ast is nie meer wat hy was nie en Kits­hoff is jonk, hon­ger en bo­wen­al be­ter.

Daar sal waar­skyn­lik met E­ben Et­ze­beth as kap­tein vol­hard word, met War­ren W­hi­te­ley steeds be­seer.

Dan du P­reez, die twee­ling­broer van die Bok-flank Je­anLuc, is as agt­ste­man in die groep.

Fo­to: GALLO IMAGES

Dub­be­le pyn ... Die Leeus­vleu­el Ru­an Com­brinck (links), wat hier by Ross Cron­jé staan, moes kort ná sy span se eind­stryd­ne­der­laag op El­lis­park hoor hy is nie in die Springbokgroep in­ge­sluit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.