‘Rooi­kaart het die skou­spel heel be­derf’

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

Die rooi­kaart wat K­wag­ga S­mith in die 38ste mi­nuut van die eer­ste helf­te ont­vang het, het die Su­per-eind­stryd as ’n skou­spel be­dui­wel.

Dit was Sa­ter­dag­aand die me­ning van Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter van die Leeus, wat op El­lis­park met 25-17 deur die Cru­sa­ders ver­slaan is.

“Ek her­haal wat ek vroe­ër in die sei­soen ge­sê het na­dat Rob­bie Coet­zee met ’n rooi­kaart teen die Kings ge­straf is: Die spe­ler moet eer­der ná die wed­stryd sy straf kry deur ’n skor­sing of ’n boe­te, maar nie ge­du­ren­de die wed­stryd af­ge­jaag word nie,” het Ac­ker­mann ge­sê.

S­mith het twee mi­nu­te voor rus­tyd kon­tak in die lug ge­maak met die C rus ad ers heel­ag­ter, Da­vid Ha­vi­li, wat toe op sy nek en skou­ers te lan­de ge­kom het.

Die skeids­reg­ter, Ja­co Pey­per, en die TV-bla­ser, Marius Jon­ker, het geen an­der keu­se ge­had as om die re­ël toe te pas en S­mith van die veld te stuur nie.

Daar­na moes die Leeus met een spe­ler min­der pro­beer om te­rug in die wed­stryd te kom.

“Ek weet die re­ël sê een ding, maar ek voel in so ’n ge­val moet ge­son­de oor­deel se­ë­vier,” het Ac­ker­mann ge­sê. “So iets ge­beur so vin­nig en dis dui­de­lik daar was nie e­ni­ge op­set om die teen­stan­der te be­seer nie.

“Deur­dat ons vir meer as die helf­te van die wed­stryd met 14 teen 15 spe­lers moes speel, het die krag­me­ting as ’n skou­spel ska­de be­rok­ken.

“Die meer as 60 000 toe­skou­ers het ge­kom om 15 teen 15 te sien speel en nie 14 teen 15 nie.”

Ac­ker­mann sê dis ’n an­der sto­rie wan­neer ’n spe­ler die be­doe­ling het om ’n teen­stan­der met vuil spel te be­seer.

“Hier het jy ’n ge­val ge­had waar K­wag­ga vo­ren­toe be­weeg het en, hoe­wel hy kon­tak met die teen­stan­der ge­maak het, is dit oog­lo­pend dat hy geen be­doe­ling ge­had het om hom te be­seer nie,” sê Ac­ker­mann.

“Ek hoop die men­se daar in Nieu-See­land is da­rem nou te­vre­de dat Ja­co Pey­per skie­lik ’n goeie skeids­reg­ter is, want in die week voor die eind­stryd het hul­le nie so ge­dink nie,” het Ac­ker­mann by­ge­voeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.