Is dag­ga gag­ga?

Vrae op be­raad oor kwak­ta­bak

Beeld - - VOORBLAD -

Ü­gen Vos

As daar 20 mil­joen dag­ga­ge­brui­kers in Suid-A­fri­ka is, hoe­kom is daar nie ook 20 mil­joen he­ro­ïen­ver­slaaf­des nie?

Dié re­to­rie­se vraag is op Suid-A­fri­ka se eer­ste be­raad oor kli­nie­se dag­ga in Jo­han­nes­burg deur Myrt­le Clar­ke (50), een van die so­ge­naam­de dag­ga­eg­paar, ge­stel.

Clar­ke en haar man, Ju­li­an S­tobbs (57), wat die wet­ti­ging van dag­ga voor­staan, is in Au­gus­tus 2010 in ’n po­li­sie­klop­jag in heg­te­nis ge­neem en ver­skyn van­dag weer in die hof.

Sa­ter­dag se be­raad is deur ver­skeie des­kun­di­ges, on­der an­de­re dr. Do­nald A­brams, ’n on­ko­loog ver­bon­de aan die Os­her-sen­trum vir on­der­soe­ken­de me­di­sy­ne aan die U­ni­ver­si­teit van Ka­li­for­nië, en regs­ken­ners oor die ne­te­li­ge kwes­sie van dag­ga­ge­bruik toe­ge­spreek.

“Ons was baie on­er­va­re toe ons se­we jaar ge­le­de die kon­sep van dié be­raad ont­wik­kel het, maar het baie ge­leer,” sê Clar­ke.

Fa­ce­book het on­der meer ge­wei­er om die be­raad te ad­ver­teer toe dit 2½ maan­de ge­le­de aan­ge­kon­dig is.

“Ons het be­sluit om eers met me­die­se prak­ti­syns te praat, aan­ge­sien dit die pro­fes­si­o­ne­le men­se is na wie men­se vir hulp met hul ge­sond­heid gaan. Hul­le is ook in ’n goeie po­si­sie om in­lig­ting in ge­meen­skap­pe te ver­sprei.

“Ons weet ons waag baie, maar om al dié des­kun­di­ges by­me­kaar te hê, is ’n groot slag vir ons en be­slis die moei­te werd. Ons het be­sluit ons is trots daar­op om dag­ga-ak­ti­vis­te te wees.”

Clar­ke sê sy is te­vre­de met die vor­de­ring in die wet­ti­ging van dag­ga vir me­di­si­na­le en an­der ge­brui­ke.

“Ons hof­saak rus op vier pi­la­re, waar­van die eer­ste ver­ant­woor­de­li­ke ge­bruik deur vol­was­se­nes is.”

Sy sê stap­pe om die plant te wet­tig, sloer en daar is min vor­de­ring se­dert die IVP-LP Ma­rio O­ri­a­ni-Am­bro­si­ni so­wat 2½ jaar ge­le­de aan kan­ker dood is. Hy het die wet­ti­ging van dag­ga vir kan­ker­pa­si­ën­te be­pleit.

“Ons het al­les on­der een sam­breel saam­ge­voeg – ver­ant­woor­de­li­ke vol­was­se ge­bruik, tra­di­si­o­ne­le kul­tu­re­le ge­brui­ke, ge­loofs­prak­ty­ke, ny­wer­heids- en we­ten­skap­li­ke ge­bruik en me­di­si­na­le ge­bruik.”

Clar­ke het on­langs uit­ge­vaar teen die op­vat­ting dat dag­ga­ge­bruik tot erns­ti­ger dwelm­mis­bruik kan lei.

“Ek ge­bruik al 30 jaar dag­ga en het nog nooit aan he­ro­ïen ge­raak nie. As daar 20 mil­joen dag­ga­ge­brui­kers in die land is, waar­om is daar nie ook 20 mil­joen men­se wat he­ro­ïen ge­bruik nie?”

Da­ve Se­well, wat die af­ge­lo­pe 21 jaar dag­ga rook vir er­ge hoof­pyn, sê dit is lank­al tyd dat so ’n by­een­koms ge­hou word om ken­nis te ver­sprei. Ko­lon­kan­ker is on­langs by sy vrou ge­di­ag­no­seer en hy sê sy het ten vol­le her­stel na­dat sy dag­ga-o­lie be­gin ge­bruik het.

Bob­by Gr­een­hash (S­hel­don Cra­mer) sê die be­raad is baie be­lang­rik om men­se se per­sep­sies te ver­an­der.

Fo­to’s: Ü­GEN VOS

Myrt­le Clar­ke van Fields of G­reen. Da­ve Se­well (links) by Bob­by Gr­een­hash en Hen­nie Ne­veing van die Bob­by Gr­een­hashstig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.