Op my les­se­naar

Beeld - - BOEKE -

Po­ë­sie

Nu­we stem­me 6

Saam­ge­stel deur C­harl­Pier­re Nau­dé en Bi­bi S­lip­pers TAFELBERG, R240

Nu­we stem­me gee vir die vars­ste, nuut­ste stem­me in A­fri­kaans ’n plek om hul­self te laat hoor.

Die suk­ses van die pro­jek kan ge­sien word in die vo­ri­ge deel­ne­mers wat nou ge­ves­tig­de skry­wers is.

Hier dink ’n mens aan Ro­nel­da Kam­fer, Gil­bert Gib­son, Lof­tus Ma­rais en Tom D­rey­er – om maar net ’n paar te noem.

As jy wil weet hoe lyk die dig­ters van die toe­koms, lees Nu­we stem­me 6.

Nie­fik­sie Ge­spreks­ge­noot: ’n B­rie­we­boek Heil­na du Plooy (sa­mest.) LITERA, R395

E­li­ze Bo­tha (1930-2007) is al “die boeg­beeld van die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de” ge­noem en was op baie ter­rei­ne ’n baan­bre­ker.

Hier is brie­we tus­sen haar en tal­le skry­wers, dig­ters en an­der be­ken­des.

On­der an­de­re: NP van Wyk Louw, E­li­sa­beth Ey­bers, MER, An­na Roth­mann, Dirk en Ma­rié Op­per­man, Uys K­ri­ge, WA de K­lerk, Aud­rey B­lig­nault, E­li­se Mul­ler, Al­ba Bou­wer, Hen­riet­te Gro­vé en S­hei­la Cus­sons.

Fik­sie Groen soos die he­mel daar­bo E­ben Ven­ter TAFELBERG, R260

E­ben Ven­ter het ons laat wag vir dié ene: Sy vo­ri­ge ro­man, Wolf,

wolf, het in 2013 ver­skyn.

Dié jong­ste ro­man word be­skryf as ’n “vrees­lo­se ver­ken­ning van mo­der­ne sek­su­a­li­teit, in­ti­mi­teit en i­den­ti­teit”.

Die sto­rie draai om Si­mon, ’n wê­reld­rei­si­ger, wat ver­troud is met die re­ëls van vry­heid en on­ge­bon­de ple­sier.

In Ba­li ver­bind ’n sel­foon-app twee vreem­de­lin­ge vir a­no­nie­me seks . . .

His­to­rie­se fik­sie Soft­ness of the Li­me Max­i­ne Ca­se UMUZI, R250

Soft­ness of the Li­me ver­tel oor ’n tyd­perk van meer as tag­tig jaar oor ’n tyd in die Kaap toe kom­pe­ti­sie vir ei­e­naar­skap – in­slui­tend ei­e­naar­skap van men­se – hoog­ty ge­vier het.

Vir dié sto­rie delf Max­i­ne Ca­se diep in haar eie voor­sa­te se ge­skie­de­nis om uit­ein­de­lik ’n aan­gry­pen­de ver­haal van lief­de en ver­raad te ver­tel.

Ca­se se de­buut, All We Ha­ve

Left Un­said, is be­kroon met die 2007 Com­mon­we­alth W­ri­ters’ P­ri­ze for Best First Book (A­fri­ca).

Fik­sie Die laks­man se dog­ter Ger­da Tal­jaard PENGUIN, R230

’n Boei­en­de ver­haal oor kom­plek­se fa­mi­lie­ver­hou­din­ge met e­le­men­te van ’n siel­kun­di­ge ril­ler.

Te­mas soos die ver­hou­dings tus­sen pa’s en dog­ters en ma’s en dog­ters en dwelm­ver­sla­wing word ondersoek.

Tal­jaard is die skry­wer van die ro­mans ’n En­gel in die hoen­der­hok en Kel­der, as­ook die kort­ver­haal­bun­del Maan­siek. Haar ge­dig­te en kort­ver­ha­le ver­skyn in ver­skeie pu­bli­ka­sies.

Sy woon in P­re­to­ria en werk as a­ka­de­mi­kus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.