Is dit neu­sie ver­by?

Beeld - - VOORBLAD -

JA

Dit is dalk net die oom­blik waar­op die ANC se al­li­an­sie­ven­no­te en op­po­ne­ren­de fak­sies in die ANC ge­wag het, sê M­pu­me­le­lo Mk­ha­be­la, ’n po­li­tie­ke ont­le­der.

“Ek dink hul­le gaan hom uit­stem. Die SAKP en die­ge­ne wat adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa steun, het nou ’n u­nie­ke ge­leent­heid om van Zu­ma ont­slae te raak.

“Hul­le is al­mal teen Zu­ma en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni­Zu­ma ver­e­nig. Dit is hul oom­blik om voor (die al­ge­me­ne ver­kie­sing) in 2019 be­heer te neem.”

NEE

Ba­le­ka M­be­te sou net op ’n ge­hei­me stem­ming be­sluit het as sy se­ker is die ANC­kou­kus kan saam­staan, sê Ralph Mat­hek­ga, ’n po­li­tie­ke ont­le­der.

“Die kou­kus en som­mi­ge in die ANC het tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat ’n ge­hei­me stem­me­ry net nóg ’n kri­sis sal ver­oor­saak.

“As Zu­ma oor­leef, sal die ANC voor­gee dit is ’n mo­sie van ver­troue. Nie al­mal in die kou­kus steun hom nie en húl­le het dalk ge­sê hul­le sal Zu­ma nou steun, maar hy moet in De­sem­ber loop.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.