E­ben vat dalk nie War­ren se plek

Al­lis­ter be­sin nog oor kap­tein­skap

Beeld - - VOORBLAD - Mi­cha­el G­reen

Dis nie ’n uit­ge­maak­te saak dat E­ben Et­ze­beth weer die S­pring­bok­ke in die af­we­sig­heid van die be­seer­de War­ren W­hi­te­ley sal lei nie.

Al­lis­ter Coet­zee, Bok-af­rig­ter, het Maan­dag in Port E­li­za­beth, waar die span be­gin saam­trek het vir vol­gen­de week se toets teen Ar­gen­ti­nië, ge­sê hy sal la­ter in die week aan dié kwes­sie aan­dag gee.

“Kap­tein­skap is nog al­tyd ’n groot ding in ons land en ek weet men­se wil graag weet wie nou die kap­tein gaan wees,” sê Coet­zee.

“Na­tuur­lik is die ver­lies van War­ren vir ons ’n te­rug­slag, nie net as ’n lei­er nie, maar ook as ’n spe­ler.”

W­hi­te­ley moes hom in Ju­nie aan die Bok­span vir die der­de toets teen Frank­ryk ont­trek na­dat hy li­ga­men­te in sy bek­ken ge­skeur het.

Daar is aan­vank­lik ge­hoop dat hy be­tyds sou her­stel vir die af­skop van die Rug­by­kam­pi­oen­skaps­reeks, maar hy sal vir min­stens nog ses we­ke op die kruk­ke­lys wees.

Et­ze­beth het hom as kap­tein vir die der­de toets teen Frank­ryk ver­vang. Dit klink nou eg­ter of die groot slot nie van die kap­tein­skap ver­se­ker is in W­hi­te­ley se af­we­sig­heid nie.

Coet­zee sê die S­pring­bok­ke het op die oom­blik ’n goeie “lei­ers­korps”.

“Dit sal na­de­lig wees as jy net op een per­soon staat­maak in die na­si­o­na­le op­set. Be­se­rings is deel van die spel en die een of an­der tyd is dit be­lang­rik dat daar lei­ers na vo­re moet tree.”

Vol­gens Coet­zee is die Bok­ke ge­luk­kig om tans spe­lers soos Et­ze­beth, Siya Ko­li­si, El­ton Jan­tjies en Be­ast M­ta­wa­ri­ra te hê wat as lei­ers op­tree.

“Jaco K­riel, Frans Mal­her­be, S­te­ven Kits­hoff en Jan Ser­fon­tein het ook goeie lei­ers­ei­en­skap­pe,” sê Coet­zee. “Ons sal se­ker moet maak dat die spe­ler wat die kap­tein gaan wees, goed toe­ge­rus is en die no­di­ge by­stand van die span sal kry.”

Coet­zee sê Et­ze­beth was met die der­de toets teen die Fran­se op kort ken­nis­ge­wing”.

Die brei­er sê ook sy keu­se toe was nie net ’n luk­ra­ke be­sluit nie.

“Ons het ook na die we­ten­skap ge­kyk. Die mees­te van ons lei­ers het psi­go­me­trie­se toet­se on­der­gaan. Jy het stra­te­gie­se den­kers en jy het man­ne wat die span by­me­kaar kan hou. En so aan.”

Hy het nie ge­sê in wat­ter af­de­ling Et­ze­beth val nie.

) Coet­zee sê ook hy ver­staan dat daar al­tyd kri­tiek sal wees oor wie in die S­pring­bok­groep is en wie nie.

Hy het ver­al in som­mi­ge krin­ge deur­ge­loop om­dat die Leeu­ag­ter­spe­lers Ru­an Com­brinck en Ro­han Jan­se van Rens­burg nie die groep ge­haal het nie.

“Ja, Ru­an Com­brick het goed ge­speel. En Ro­han Jan­se van Rens­burg het goed ge­doen wan­neer hy (as plaas­ver­van­ger vir die Leeus) op­ge­kom het. “Dis fan­tas­ties vir die land dat daar spe­lers soos hul­le is wat ook goed speel.”

Coet­zee sê hy kan nie net spe­lers uit die span gooi vir geen re­de nie.

“Hoe reg­ver­dig ek dit om ’n spe­ler in die span weg te laat as hy niks ver­keerd ge­doen het nie? Ek sal hou by my be­leid van kon­ti­nu­ï­teit.”

Coet­zee sê die groep kan vo­ren­toe ver­an­der en spe­lers wat nie nou ge­kies is nie, moe­nie moed ver­loor nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

E­ben Et­ze­beth

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.