Ad­junk­mi­nis­ter Ma­na­na se be­dan­king ge­ëis

Zu­ma sê hy neem met ‘groot kom­mer’ ken­nis

Beeld - - VOORBLAD - Seug­net van Zyl en Sa­rel van der Walt

Pres. Ja­cob Zu­ma het gis­ter “met ver­ont­rus­ting en groot kom­mer” ken­nis ge­neem van die voor­val waar­in M­du­du­zi Ma­na­na, ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys, ’n vrou in ’n restaurant in Jo­han­nes­burg ge­klap het.

Zu­ma het ge­re­a­geer op Ma­na­na se ver­sko­ning waar­in hy sy “die­pe be­rou” oor die voor­val (sien kas­sie) die na­week in die Cu­baña-restaurant in Four­ways uit­spreek.

Zu­ma sê hy is vol ver­troue dat die wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe die saak doel­tref­fend sal han­teer.

“Die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring het ge­weld teen vroue tot ’n pri­o­ri­teits­mis­daad ver­klaar. Vroue het ’n reg op vei­lig­heid en mag nie deur e­nig­ie­mand aan­ge­val of mis­han­del word nie. Dit maak nie saak wie die oor­tre­der of die slag­of­fer is nie.

“Suid-A­fri­ka moet vei­lig wees vir al­le vroue.”

Zu­ma doen ’n be­roep op men­se met in­lig­ting om met die o­wer­he­de saam te werk.

Op­po­si­sie­par­tye het gis­ter ge­ëis dat Ma­na­na be­dank of af­ge­dank word.

Ma­na­na sê hy sal met die ANC en Zu­ma ver­ga­der om die kwes­sie te be­spreek.

Ma­na­na het gis­ter­mid­dag in sy ver­kla­ring ge­sê hy wil Man­di­sa Du­ma, haar fa­mi­lie, die re­ge­ring en al­le Suid-A­fri­ka­ners, ver­al vroue, “on­voor­waar­de­lik om ver­sko­ning vra”.

“On­ge­ag die ui­ter­se uit­lok­king moes ek my be­teu­el het. Die skan­de­li­ke voor­val moes nie ge­beur het nie. Ek weet dat my ge­drag en dié van die men­se in my ge­sel­skap baie men­se in die land te­leur­ge­stel en seer­ge­maak het.

“As ’n lei­er moes ek van be­ter ge­weet het. Ek sal my vol­ko­me on­der­werp aan die ver­loop van die reg en my vol­le sa­me­wer­king gee.

“Ek sal my ook daar­toe ver­bind om, wan­neer die tyd reg is, weer met me. Du­ma en haar fa­mi­lie in ver­bin­ding te tree en hul­le self om ver­sko­ning te vra, ver­ant­woor­de­lik­heid te aan­vaar en die ska­de wat aan­ge­rig is te ta­kel.”

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, het be­ves­tig dat ’n aan­ran­ding­saak teen Ma­na­na aan­han­gig ge­maak is.

“Die po­li­sie moet die tyd ge­gun word om dié saak son­der aan­siens des per­soons te on­der­soek.

“Nie­mand is bo die reg ver­he­we nie, on­ge­ag hul po­si­sie,” het Vuyo M­ha­ga, M­ba­lu­la se woord­voer­der, in ’n ver­kla­ring ge­sê. Die ANC-vrou­e­li­ga ver­oor­deel die voor­val ten sterk­ste. Die ANC het ook met “groot te­leur­stel­ling” daar­van ken­nis ge­neem.

“Sul­ke ge­drag is on­aan­vaar­baar en moet heel­har­tig deur die sa­me­le­wing ver­oor­deel word on­ge­ag die om­stan­dig­he­de of die i­den­ti­teit van die oor­tre­der of slag­of­fer,” lui die par­ty se ver­kla­ring.

Op­po­si­sie­par­tye eis Ma­na­na se kop.

Die DA, Co­pe en die IVP se vrou­e­bri­ga­de eis dat Ma­na­na be­dank.

Die DA sê in ’n ver­kla­ring Ma­na­na moet om ver­sko­ning vra en daar­na be­dank. Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), moet Ma­na­na se op­tre­de on­der­soek, sê die DA.

Co­pe doen ’n be­roep op Zu­ma om Ma­na­na sum­mier af te dank.

Die EFF sê die ad­junk­mi­nis­ter moet hom so gou moont­lik aan die po­li­sie oor­gee.

Die vak­ver­bond Co­sa­tu het gis­ter ge­sê hy gaan pro­vin­si­a­le op­tog­te re­ël teen ge­slags­ge­weld en ver­oor­deel Ma­na­na se op­tre­de.

M­du­du­zi Ma­na­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.