Ons moet veg vir ons land, sê Jo­nas

Beeld - - NUUS - Ja­son Fe­lix

Die mo­sie van wan­troue van­dag in pres. Ja­cob Zu­ma waar­in LP’s in die ge­heim sal stem, is die eer­ste stap om ’n sterk bur­ger­li­ke be­we­ging stoom te gee.

So het M­ce­bi­si Jo­nas, voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, gis­ter aan meer as 2 000 men­se in ’n an­ti-Zu­ma-op­tog voor die par­le­ment in Kaap­stad ge­sê.

Hy was saam met on­der an­de­re Z­we­lin­zi­ma Va­vi, lei­er van die nu­we vak­ver­bond Saf­tu, en Sol­ly Ma­pai­la, eer­ste ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP.

Jo­nas sê die bur­ger­li­ke lei­ers het op die reg­te tyd in­ge­tree.

“Daar­voor moet ons jul­le al­mal be­dank. Jul­le het in­ge­tree toe dit die no­dig­ste was.

“Ons moet wel een ding ont­hou – ons moet veg vir ons land. Ons het duur be­taal vir ons de­mo­kra­sie, ons kan nie toe­laat dat ons re­vo­lu­sie en de­mo­kra­sie so goed­koop ver­koop word nie,” sê hy.

Jo­nas sê on­ge­ag wat van­dag of in De­sem­ber ge­beur, sal Suid-A­fri­ka­ners

’n be­ter toe­koms vir hul land moet skep. Hy het ver­wys na die ANC se lei­ers­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber waar die par­ty ’n nu­we lei­ers­korps sal ver­kies.

“Ons moet die land weg­neem van die­ge­ne wat dit mis­bruik, ons be­no­dig sterk lei­ers, nie die­ge­ne wat net be­lang stel in hul eie oor­le­wing nie,” sê Jo­nas.

Hy sê dit was ’n fout om die ANC, wat oor­spronk­lik ’n be­vry­dings­or­ga­ni­sa­sie was, in ’n po­li­tie­ke par­ty te ver­an­der.

“Ons het die vry­heids­veg­ters in po­li­tie­ke lei­ers ver­an­der. Ons kan nie voort­du­rend op die ho­we en die Grond­wet staat­maak nie. SuidA­fri­ka­ners moet dit self be­gin doen.”

Die po­li­sie het ’n wa­ken­de oog oor die ska­re ge­hou, maar daar was geen voor­val­le van ge­weld of op­roe­rig­heid nie. Po­li­sie­le­de van Bloem­fon­tein, Port E­li­za­beth en in die Suid-Kaap is ook by die par­le­ment ont­plooi.

Die be­to­gers het kre­te teen Zu­ma ge­skree. Men­se met lands­vlae, ba­nie­re en plak­ka­te wat lui “#Zu­maMus­tFall” het in die stra­te van Kaap­stad ge­stap.

To­ny Ehren­reich, Wes-Kaap­se se­kre­ta­ris van Co­sa­tu, het ge­sê: “Ja­cob Zu­ma moet waai. Ek is hier om saam met jul­le te staan om hier­die skelm te ver­wy­der. Ons het in 1994 oor­een­ge­kom om ’n land te bou waar swart en wit kan voor­deel trek uit die land. Net Zu­ma en sy kin­ders trek voor­deel uit SuidA­fri­ka. As die mo­sie teen hom nie slaag nie, sal ons te­rug wees om hom te ver­wy­der.”

Fo­to: JACO MARAIS

’n Groot groep men­se ruk gis­ter op na die par­le­ment in Kaap­stad om hul on­te­vre­den­heid met Ja­cob Zu­ma se pre­si­dent­skap te wys voor­dat par­le­ments­le­de van­dag stem oor ’n mo­sie van wan­troue in hom.

M­ce­bi­si Jo­nas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.