EFF eis dat Ma­gas­hu­le be­dank oor sui­wel­plaas

Beeld - - NUUS - El­sje du Toit

Die EFF in die Vry­staat dring daar­op aan dat Ace Ma­gas­hu­le, pre­mier, en “sy aan­hang­sels” on­der­soek word en moet be­dank “weens die kor­rup­sie by die V­re­de-sui­wel­pro­jek”.

Dit is van die ei­se wat die EFF stel na­dat die par­ty Vry­dag ’n me­mo­ran­dum aan die be­stuur­der van die sui­wel­plaas oor­han­dig het.

Man­di­sa Ma­ke­si­ni, pro­vin­si­a­le se­kre­ta­ris van die EFF, sê daar is “niks goeds” om­trent die plaas nie.

“Van die 524 bees­te op die plaas word net 200 per dag ge­melk,” sê sy.

“Ook was die plaas se be­guns­tig­des Vry­dag vir die eer­ste keer daar. Daar word nooit met hul­le ge­kom­mu­ni­keer oor die plaas nie.”

Die EFF-le­de het Vry­dag na die plaas ge­stap waar hul­le aan­ge­dring het om die me­mo­ran­dum aan Ou­pa K­ho­a­ba­ne, LUR vir land­bou, te oor­han­dig.

“Nie­mand van die de­par­te­ment was daar nie. Daar­om het ons dit aan die plaas­be­stuur­der oor­han­dig.”

Die me­mo­ran­dum eis on­der meer die on­der­soek en af­dan­king van Ma­gas­hu­le “en sy aan­hang­sels”; dat die plaas­li­ke ge­meen­skap aan die stuur van die V­re­de-sui­wel­pro­jek moet wees; en dat daar be­ter met dié om­stre­de sui­wel­plaas se be­guns­tig­des ge­kom­mu­ni­keer moet word.

“Dit was ook vir ons skok­kend om te hoor dat die be­stuur sê die plaas­wer­kers word die mi­ni­mum loon be­taal, maar dat die wer­kers in werk­lik­heid net R3 101 per maand kry.”

Die EFF het die be­stuur 14 werk­dae tyd ge­gee om op die me­mo­ran­dum te re­a­geer.

Hoe­wel die me­mo­ran­dum aan die de­par­te­ment van land­bou ge­rig is, sê Zi­ma­sa M­be­wu, woord­voer­der van die Vry­staat­se de­par­te­ment van land­bou, hul­le het nie ’n me­mo­ran­dum van die EFF ont­vang nie.

Na­vrae is ook aan Ti­is­et­so Mak­he­le, woord­voer­der van die Vry­staat­se pre­mier, ge­rig, maar hy het nie daar­op ge­re­a­geer of sy sel­foon be­ant­woord nie.

Die EFF het op 6 Ju­lie ’n klag van be­drog, ram­pok­ke­ry en geld­was­se­ry teen Ma­gas­hu­le en Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, des­tyd­se Vry­staat­se LUR vir land­bou en dees­dae mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, by die Park­weg­po­li­sie­kan­toor in­ge­dien oor die sui­wel­pro­jek.

“Ons het nog niks daar­van ge­hoor nie en eis dat hul­le bin­ne­kort op die klag re­a­geer,” sê Ma­ke­si­ni.

Na­vrae daar­oor is ook aan Mak­he­le ge­rig.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, sal glo in No­vem­ber (Ma­ke­si­ni is nog on­se­ker oor die pre­sie­se da­tum) die plaas be­soek.

Die EFF Vry­dag op pad na die V­re­de­sui­wel­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.