G’n ek­stra maat­re­ëls vir op­tog­te

Beeld - - NUUS - L­le­wel­lyn P­rin­ce en Ma­re­li­ze Bar­nard

Geen by­ko­men­de vei­lig­heids­maat­re­ëls sal van­dag by die par­le­ment geld wan­neer die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma ge­de­bat­teer word nie.

So het Mo­lo­to Mot­ha­po, par­le­men­tê­re woord­voer­der, gis­ter ge­sê.

Ci­ty P­ress het Son­dag be­rig dat die par­le­ment se be­sker­mings­diens­te Sa­ter­dag ver­ga­de­rings ge­hou het en dat ver­teen­woor­di­gers van die S­taats­vei­lig­heids­a­gent­skap, die po­li­sie en die pre­si­den­si­ë­le be­sker­mings­een­heid ook teen­woor­dig was.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, het gis­ter­mid­dag aan­ge­kon­dig dat LP’s hul stem­me in die ge­heim mag uit­bring.

Die vei­lig­heids­pro­se­du­res wat ge­woon­lik toe­gang vir die me­dia en die pu­bliek tot die par­le­men­tê­re per­seel en die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring geld, sal ge­hand­haaf word.

“Die be­stuur van op­tog­te na die par­le­ment en net bui­te die par­le­men­tê­re per­seel is die stads­raad se pre­ro­ga­tief.”

Vol­gens Mot­ha­po het die ver­skil­len­de wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe en die par­le­men­tê­re be­sker­mings­diens wel ver­le­de week ver­ga­der, maar was daar­die ver­ga­de­ring deel van ’n reeks ver­ga­de­rings ter voor­be­rei­ding van vol­gen­de jaar se staats­re­de.

“Re­ë­lings vir die staats­re­de be­gin al baie vroeg,” het hy ge­sê.

Vol­gens die Kaap­stad-me­tro word meer as 25 000 men­se van­dag in die mid­de­stad ver­wag wan­neer die ANC en op­po­si­sie­par­tye af­son­der­lik op­tog­te in die stra­te gaan hou.

JP S­mith, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir vei­lig­heid, se­ku­ri­teit en maat­skap­li­ke diens­te, het ge­sê bur­gers se reg om te be­toog word er­ken, maar dit moet ver­ant­woor­de­lik ge­doen word.

“Die ver­nie­ti­ging en be­ska­di­ging van ei­en­dom, plun­de­ring of e­ni­ge an­der oor­tre­dings sal nie ge­duld word nie,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.