Ton­ge los oor ster S­te­fan (10)

Disney nooi hom VSA toe vir ou­di­sies

Beeld - - NUUS - Ja­na Marx

“Ek kry van voor af hoen­der­vel as ek dink oor al­les wat die laas­te ruk ge­beur het,” sê Her­mien Be­zui­den­hout, trot­se ma van S­te­fan Be­zui­den­hout (10), kin­der­fe­no­meen wat die mu­siek­wê­reld aan die praat het.

S­te­fan het in Ju­lie meer as 900 deel­ne­mers van oor die wê­reld heen uit­ge­stof in die Ac­tors, Mo­dels and Ta­lent for Christ-kom­pe­ti­sie (AMTC) in die VSA toe hy as die bes­te so­lis in die ou­der­doms­groep ses tot 14 jaar aan­ge­wys is.

Die in­ter­na­si­o­na­le pla­te­maat­skap­pye So­ny In­ter­na­ti­o­nal en BMG het hom ná die kom­pe­ti­sie ge­na­der, maar S­te­fan, wat tans ’n kon­trak met Co­les­ke Ar­tis­ts het, beplan om eers sy loop­baan op Suid-A­fri­kaan­se bo­dem te bou.

“S­te­fan se sang­loop­baan het toe­val­lig be­gin,” sê sy ma.

“Sy gr. 1-juf­frou was die koor­juf­frou en sy wou hom laat koor sing. Ek en sy pa het ge­sê hy is heel­te­mal te jonk!”

Vol­gens Be­zui­den­hout het die juf­frou la­ter ge­vra of sy hom net vir ’n paar kom­pe­ti­sies kan in­skryf om die skool se deel­na­me be­ter te laat ver­toon. “S­te­fan het el­ke kom­pe­ti­sie ge­wen!”

’n Jaar la­ter het die ein­ste koor­juf­frou hom vir die kykNET Nou-kom­pe­ti­sie So­lis vir Chris­tus in­ge­skryf. Hy het dit son­der ’n back­track ge­wen. As wen­ner kon hy ’n al­bum en ’n mu­siek­vi­deo laat op­neem. Dié vi­deo, “My hero, my pa”, het meer as 60 000 ky­ke in drie we­ke ge­kry.

C­han­té Re­tief, S­te­fan se ste­m­af­rig­ter by S­tu­dio Cha, het hom vir nóg kom­pe­ti­sies, soos die Bar­ny­ard-mu­siek­fees, die SuidA­fri­kaan­se na­si­o­na­le ei­stedd­fod en Ta­lent A­fri­ca, in­ge­skryf.

Hy het sy ka­te­go­rieë in al die kom­pe­ti­sies ge­wen en deur­ge­dring na die eind­ron­de van die ei­stedd­fod, maar moes hom daar­aan ont­trek om­dat dit met die Clas­si­cs is groot-kon­sert saam­ge­val het. Hy het dié kon­sert saam met Black­by­rd se Tar­ryn Lamb ge­o­pen.

In Ju­lie was die Be­zui­den­houts in Or­lan­do, Flo­ri­da, vir die AMTC-kom­pe­ti­sie. “Hy het vir sang, to­neel­spel en mo­del­werk in­ge­skryf!” sê sy ma.

S­te­fan het skoon­skip ge­maak in die sang­af­de­ling vir so­lis­te van ses tot 14 jaar en die twee­de plek in­ge­neem in die to­neel­spel-af­de­ling.

Na­te But­ler, wat S­te­ve Har­vey se TV-pro­gram Litt­le Big S­hots ver­vaar­dig, be­soek die ge­sin in Ok­to­ber om oor dié pro­gram en deel­na­me aan A­me­ri­ca’s Got Ta­lent te praat.

Die me­di­a­maat­skap­pye Nic­ke­lo­de­on en Disney het S­te­fan ge­nooi om in Fe­bru­a­rie vol­gen­de jaar Los An­ge­les toe te gaan om ou­di­sies vir moont­li­ke rol­le in rol­pren­te te doen.

Die ge­sin meen dat kin­ders ge­ba­lan­seerd moet wees, al is jy ’n won­der­kind.

“A­ka­de­mie is vir my ma baie be­lang­rik,” sê S­te­fan, wat die

‘‘

Maak nie saak hoe laat ek klaar sing nie, ek moet huis­werk doen en leer. Ek is ook in die k­rie­ket A­span en is mal daar­oor om saam met vrien­de te s­wem.

— S­TE­FAN BE­ZUI­DEN­HOUT

af­ge­lo­pe kwar­taal die top­leer­ling in sy graad was met ’n ge­mid­del­de punt van 96%.

“Maak nie saak hoe laat ek klaar sing nie, ek moet huis­werk doen en leer. Ek is ook in die k­rie­ket A-span en is mal daar­oor om saam met vrien­de te s­wem.”

Fo­to: DA­NIEL CRAIG JOHNSON PHOTOGRAPHY

S­te­fan Be­zui­den­hout is tien en ’n leer­ling aan die La­er­skool Wier­da­park in Cen­tu­ri­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.