‘Niks sex­ier as haar bo­be­ne, groot bou­de’

Beeld - - NUUS - Ca­rien Gro­bler

’n Man se ont­boe­se­ming oor sy “vrou met kur­wes” se­we dae ge­le­de het in­tus­sen groot re­ak­sie ont­lok.

Rob­bie T­ripp van San Fran­cis­co in die VSA het in ’n in­skry­wing op In­sta­gram ver­tel hoe lief hy sy vrou het wat “el­ke sen­ti­me­ter van haar de­nim vol­maak en steeds die mooi­ste vrou in die ver­trek is”.

Hy sê dat hy hom­self be­mag­tig het met ken­nis oor kwes­sies soos fe­mi­nis­me en dat hy toe be­wus ge­word het daar­van dat die me­dia vroue mar­gi­na­li­seer weens hul groot­te.

T­ripp sê daar is “niks sex­ier” as sy vrou se “dik bo­be­ne, groot bou­de en ou­li­ke rol­le­tjies nie. Haar vorm en groot­te sal nie op die voor­blad van Cos­mo­po­li­tan ver­skyn nie, maar wel op die voor­blad van my le­we en in my hart”.

Hy vra ver­der dat mans weer dink oor wat die sa­me­le­wing hul­le ge­leer het om te be­geer.

“’n Reg­te vrou is nie ’n por­nos­ter of ’n bi­ki­ni-mo­del of ’n ka­rak­ter in ’n rol­prent nie. Sy is eg. Sy het prag­ti­ge rek­mer­ke op haar heu­pe en ou­li­ke dui­kies op haar bou­de.”

T­ripp meen vroue moe­nie dink dat hul­le in ’n se­ke­re vorm moet in­pas om ge­liefd en ge­waar­deer te wees nie. “Daar is ’n man daar bui­te wat jou sal vier net soos jy is, ie­mand wat jou sal lief­hê soos ek my Sa­rah lief­het.”

In ’n vol­gen­de pla­sing skryf T­ripp: “Wow! Dit is die e­nig­ste woord in die En­gel­se taal wat ge­pas is vir wat die laas­te paar dae ge­beur het. Na­dat my pla­sing oor Sa­rah eers wyd op In­sta­gram en toe op Fa­ce­book ge­deel is, het The To­day S­how, E!News, Pop­su­gar en an­der dit op­ge­tel. Dit was fan­tas­ties om die re­ak­sie op my een­vou­di­ge pla­sing te sien waar­in ek my vrou en haar lyf vier. So­veel po­si­ti­wi­teit en lief­de het daar­uit voort­ge­kom.”

Hoe­wel tal­le men­se T­ripp loof oor wat hy in sy pla­sing skryf, is daar ook ne­ga­tie­we kom­men­taar.

“Hier­die dwaas is ’n grap. Hy smeek let­ter­lik om kom­pli­men­te oor hy met ’n vet mei­sie uit­gaan,” was een van die kom­men­ta­re op In­sta­gram.

“Des­pe­ra­te men­se doen dit al ja­re lank.”

Fo­to: IN­STA­GRAM

Rob­bie T­ripp van San Fran­cis­co meen sy Sa­rah se kur­wes is baie sexy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.