B­rit­te ver­deeld oor Di­a­na se woor­de

Beeld - - NUUS -

In wat be­skryf word as die mees om­stre­de TV-pro­gram in ja­re in B­rit­tan­je, kon men­se Son­dag­aand op C­han­nel 4 na die do­ku­men­tê­re pro­gram Di­a­na: In her own words kyk.

En blyk­baar het Di­a­na se eie woor­de eer­der sim­pa­tie ont­lok by men­se – al het van haar on­der­steu­ners ge­voel dit is ’n on­aan­vaar­ba­re na­by-ky­kie in haar pri­va­te le­we.

Woor­de soos: “Ek moes nooit met vuur ge­speel het nie. Ek het. Toe word ek ge­brand,” is van die ver­tel­lings wat Di­a­na in haar sag­te stem doen.

Sky be­rig Di­a­na se broer, graaf C­har­les S­pen­cer, het glo by C­han­nel 4 ge­pleit dat die do­ku­men­têr nie uit­ge­saai word nie om­dat dit prin­se Wil­li­am en Har­ry kan ont­stel.

Maar ná die uit­sen­ding was men­se ver­deeld. Som­mi­ge het dit sme­rig ge­noem en an­der het ge­sê dit is hart­roe­rend.

Die op­na­mes van Di­a­na in 1992 en 1993 deur haar ste­m­af­rig­ter, Pe­ter Set­te­len, is tuis in Ken­sing­ton-pa­leis ge­doen.

Die E­ve­ning S­tan­dard be­rig men­se wat ná die uit­sen­ding ge­twiet het, het ge­noem Di­a­na kom 20 jaar ná haar dood steeds oor as warm en sag­moe­dig. En dat dit geen won­der is dat die he­le wê­reld lief is vir haar nie.

Men­se het ook ge­sê hul­le stem saam dat die op­na­mes uit­ge­saai word, an­ders sou Di­a­na dit nooit op­ge­neem het nie.

Prin­ses Di­a­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.