Val Kil­mer ont­ken weer hy het kan­ker

Beeld - - NUUS -

Val Kil­mer, wat be­kend is om sy rol­le in flieks soos Ma­cG­ru­ber, Kiss Kiss Bang Bang en Top Gun, ont­ken weer dat hy te­a­ter­op­tre­des mis­ge­loop het om­dat hy siek is.

Sy ge­sond­heid gaan lui­dens tal­le be­rig­te al ’n jaar lank ag­ter­uit en daar is selfs be­rig dat hy kan­ker het.

Die 57-ja­ri­ge ak­teur het Son­dag ge­twiet men­se lieg oor sy ge­sond­heid na­dat hy om fa­mi­lie­re­des ver­hoog­op­tre­des moes uit­stel en da­tums moes ver­an­der.

Maar die B­rit­se Dai­ly Mail be­rig Kil­mer het in Ju­lie tal­le op­tre­des op kort ken­nis­ge­wing ge­kan­sel­leer en dat sy vae ver­sko­nings kom­mer oor sy ge­sond­heid wek. Hy het boon­op in A­pril op Red­dit er­ken hy het kan­ker.

Clo­ser Week­ly be­rig Kil­mer het keel­kan­ker ge­had en dat sy dig­kuns hom ge­help het om dit te oor­kom.

Mi­cha­el Doug­las het ein­de ver­le­de jaar ge­sê Kil­mer het ook mond­kan­ker, soos hy. CNN het toe be­rig Kil­mer het dit ont­ken en ge­sê Doug­las het om ver­sko­ning ge­vra vir sy uit­la­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.