Ont­voer: Hy her­ken pa se stem

Beeld - - NUUS - Han­ti Ot­to O­mar Car­rim (76)

Abdul­la Car­rim het sy ont­voer­de pa se stem her­ken toe hy Son­dag­na­mid­dag sy foon be­ant­woord het.

Tus­sen al die fopop­roe­pe wat die fa­mi­lie se­dert O­mar Car­rim (76) se ver­dwy­ning ge­kry het, was dié een be­slis sy pa se stem.

“Hy het ge­sê hy is ou­kei en dat hy sy chro­nie­se me­di­ka­sie drin­gend be­no­dig. Toe is die op­roep be­ëin­dig,” het Abdul­la gis­ter ge­sê.

Hy wil nie uit­wei nie weens die sen­si­tie­we aard van die on­der­soek na­dat sy pa Don­der­dag­mid­dag ont­voer is.

Tot dus­ver is geen los­prys ge­ëis nie, maar ten min­ste be­ves­tig dit die fa­mi­lie se hoop dat O­mar nog leef.

“Ek pleit by die ge­meen­skap: Help ons soek.

“Al­mal noem hom ‘Ta­ta’ om­dat hy so baie vir die ge­meen­skap ge­doen het, so om­gee vir sy kli­ën­te.

“Dit is die vyf­de dag dat hy son­der sy me­di­sy­ne is – hy het ’n hart­om­lei­ding ge­had.

“Ons wil hom net te­rug­hê, dis al,” sê Abdul­la.

O­mar, ei­e­naar van die be­ken­de Ho­me Hy­per Ci­ty-ma­te­ri­aal­win­kel in P­re­to­ri­us­straat, P­re­to­ria, het die on­der­ne­ming Don­der­dag 17:45 met sy Mer­ce­des-Benz ver­laat.

Hy het nooit tuis in Lau­di­um, wes van P­re­to­ria, op­ge­daag nie. Sy twee sel­fo­ne was af en die fa­mi­lie, die ge­meen­skap, die po­li­sie en pri­va­te vei­lig­heids­maat­skap­pye het teen 19:30 daar­die aand in al­ler yl be­gin soek.

Die laas­te plek waar een van sy sel­fo­ne se sein op­ge­pik is, was tus­sen die 1 Mi­li­tê­re Hos­pi­taal in T­ha­ba Tshwa­ne (Voor­trek­ker­hoog­te) en die K­go­si Mam­pu­ru II-ge­van­ge­nis.

Hier is O­mar se bril, sel­foon­sak­kie en ’n pa­pier met bloed­spat­sels op ge­kry.

Vry­dag is sy sil­wer­kleu­ri­ge voer­tuig uit­ge­brand in ’n veld in S­chur­veberg na­by Hart­bees­poort ge­kry.

Die po­li­sie het in­tus­sen sy vyf seuns ge­na­der vir DNS­mon­sters so­dat hul­le kan toets of die bloed op die pa­pier aan hul pa be­hoort.

Fo­ren­sie­se toet­se word ook op die uit­ge­bran­de voer­tuig ge­doen, as­ook been­de­re wat daar na­by ge­vind is, hoe­wel die po­li­sie ver­moed dat dit dier­been­de­re is.

Abdul­la en sy oud­ste broer, Ahmed, het gis­ter lan­ger as twee uur ver­ga­der met die vei­lig­heids­ak­ti­vis Yu­suf A­bram­jee, Si­za­ke­le N­ko­si-Ma­lo­ba­ne, Gau­teng­se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, en genl.maj. Da­niel Mt­hom­be­ni, die po­li­sie se groep­be­vel­voer­der vir P­re­to­ria-Wes.

“Ons fa­mi­lie gaan deur hel. My ma is 74. Sy is baie ge­trau­ma­ti­seerd. Nie een van ons het se­dert Don­der­dag­aand ge­slaap nie, dis net die angs en die nag­mer­ries,” sê Abdul­la.

Hy was die eer­ste een wat Don­der­dag ag­ter­ge­kom het iets is fout.

“Ons eet el­ke aand saam – el­ke twee­de aand eet hy by my. Dan kom laai my ma sy chro­nie­se me­di­ka­sie by my huis af.

“Toe ek tuis­kom, was hy nie daar nie. Sy pil­le het on­ge­o­pen daar ge­staan. Ek het be­sef iets is ver­keerd en be­gin bel.”

Toe O­mar se sel­fo­ne af is, het Abdul­la sy broers ge­bel.

“Ek het ook die win­kel­per­so­neel ge­bel. Ek was ra­send van kom­mer. Dit was toe dat ons die soek­tog be­gin het,” sê Abdul­la.

Oor die bloed­spat­sel-pa­pier wat saam met sy pa se bril ge­vind is, sê hy: “Ek vrees my pa is ge­mar­tel.

“Hy sou nie sy bril laat val het nie. Hy is baie nou­keu­rig en sy bril is sy oë. En as dit weens hard­han­dig­heid ge­val het, sou hy dit wou op­tel – wat hy nie toe­ge­laat is om te doen nie.”

Hy glo sy pa het reeds by die win­kel weg­ge­ry toe hy ont­voer is.

“Die per­so­neel, die kli­ën­te, sou nie toe­ge­laat het dat iets daar met hom ge­beur nie,” sê Abdul­la.

N­ko­si-Ma­lo­ba­ne het ná die ver­ga­de­ring ge­sê die na­si­o­na­le kan­toor het ’n span aan­ge­wys om die plaas­li­ke on­der­soe­kers te help.

Die fa­mi­lie is deur vals op­roe­pe oor­val na­dat ’n vals ge­rug ont­staan het dat ’n be­lo­ning uit­ge­reik is. A­bram­jee het be­ves­tig dat geen be­lo­ning uit­ge­loof is nie.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Sa­dek Car­rim, ’n fa­mi­lie­lid, Ahmed Car­rim, O­mar se oud­ste seun, en Zu­naid Car­rim, nog ’n fa­mi­lie­lid, be­stu­deer koe­rant­be­rig­te oor die soek­tog na “oom O­mar” ter­wyl Abdul­la Car­rim, Ahmed se broer, op die voor­grond met die me­dia praat.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Abdul­la Car­rim se oë is net so moeg en rooi soos die res van sy fa­mi­lie s’n se­dert sy pa, O­mar, Don­der­dag ver­dwyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.