11 oor­val fa­mi­lie

Ma, ou­ma voor kin­ders vas­ge­bind

Beeld - - NUUS - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Drie klein­kin­ders van ’n boer, wat Son­dag in ’n plaas­aan­val in die Gro­blers­dal-dis­trik in Lim­po­po ver­moor is, moes toe­kyk hoe 11 ge­wa­pen­de mans hul fa­mi­lie­le­de met draad vas­bind.

Her­man Bo­tha (64) is hard met ’n ys­ter­pyp oor die kop ge­slaan en is dood voor­dat hy per he­li­kop­ter na ’n hos­pi­taal in P­re­to­ria ge­bring kon word.

Hy is vier dae voor die aan­val ge­o­pe­reer om twee sten­te in sy hart te sit.

Benita Bo­tha, ’n skoon­dog­ter, sê: “Woor­de kan nie die hart­seer in ons huis be­skryf nie.

“Hart­seer oor on­skul­di­ge kin­ders wat hul ou­pa ver­loor het na­dat hul­le moes sit en kyk hoe 11 ge­wa­pen­de mans ons vas­bind en op die vloer laat lê.”

Boe­re en die plaas­li­ke buurt­wag het die po­li­sie ge­help om al Son­dag twee ver­dag­tes vas te trek, maar die res van die ro­wers was teen gis­ter­mid­dag nog op vrye voet.

Her­man en sy seun, Ber­nard, het Son­dag­og­gend na van hul bees­te op die plaas ge­ry. Her­man se vrou, Mei­sie, en Benita en haar drie kin­ders was kerk toe.

Fran­ska K­lein­hans, ’n fa­mi­lie­vrien­din, sê Ber­nard moes nog na ’n spil­punt op die plaas gaan, maar sy pa het hom ge­vra om hom by die plaas­huis af te laai, want hy wou so­lank ’n braai­vleis­vuur aan­steek.

Die ben­de ge­wa­pen­de mans het die fa­mi­lie ná kerk in­ge­wag.

“Ber­nard het on­raad ver­moed toe hy ’n ruk la­ter by die plaas­huis aan­kom en sien die vuur is nog nie aan­ge­steek nie. Hy het die mo­tor­huis­deur oop­ge­maak om die braai­er uit te haal en vas­ge­kyk in ’n man wat ’n pis­tool op hom ge­rig het,” sê K­lein­hans.

Her­man was toe reeds erg aan­ge­rand.

In die huis is Mei­sie en Benita met draad vas­ge­bind.

Benita en Ber­nard se drie kin­ders, van wie die jong­ste ’n twee­ja­ri­ge mei­sie is, is in ’n an­der slaap­ka­mer toe­ge­maak.

“Die kin­ders was on­ge­loof­lik bang,” sê K­lein­hans.

Mei­sie en Benita was ook vrees­be­van­ge oor wat die aan­val­lers moont­lik aan hul­le sou doen.

Die aan­val­lers het met vuur­wa­pens en sel­fo­ne in Her­man se wit Toyo­ta E­ti­os ge­vlug.

Hoe­wel Her­man baie erns­tig be­seer is weens die houe oor die kop, het hy nog met sy fa­mi­lie ge­praat. Hy het kort daar­na aan sy be­se­rings be­swyk.

“Die ge­meen­skap is ge­skok en in rou ná wat ge­beur het.

‘‘

Hart­seer oor on­skul­di­ge kin­ders wat hul ou­pa ver­loor het na­dat hul­le moes sit en kyk hoe 11 ge­wa­pen­de mans ons vas­bind en op die vloer laat lê.

— BENITA BO­THA

Hy was ’n dier­ba­re mens,” sê K­lein­hans.

Her­man was lid van die ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) in Gro­blers­dal en het ook in ’n ko­mi­tee vir lan­de­li­ke vei­lig­heid ge­dien.

Dr. T­heo de Ja­ger, pre­si­dent van die Wê­reld-land­bou­or­ga­ni­sa­sie, sê hy is ge­skok oor Her­man se dood.

“Hy was ook ’n lid van A­gri Lim­po­po se vei­lig­heids­ko­mi­tee,” sê De Ja­ger.

Die Bo­tha-boer­de­ry in die Lo­s­kop-val­lei in die Gro­blers­dal-dis­trik be­staan al 68 jaar. Dit is ’n be­sproei­ings- en bees­boer­de­ry.

) Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der, sê Her­man se Toyo­ta E­ti­os is la­ter Son­dag ver­la­te na­by Lo­s­kop-win­kels ge­vind.

Van die ge­steel­de vuur­wa­pens (twee pis­to­le) was nog in die mo­tor.

Die res van die aan­val­lers is ver­moe­de­lik in ’n sil­wer Toyo­ta For­tu­ner op­ge­laai. Dié voer­tuig is la­ter so­wat 20 km van die plaas ge­kry. Die po­li­sie stel nog vas aan wie die For­tu­ner be­hoort.

Men­se met in­lig­ting kan kapt. Ri­chard Bos­ho­ma­ne by 079 894 5501 bel.

Her­man Bo­tha en sy vrou, Mei­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.