5 vas wat by KFC glo paar aan­rand

Beeld - - NUUS - Ü­gen Vos en Han­ti Ot­to

Vyf van die ses men­se wat van die aan­ran­ding van ’n man en vrou bui­te die kits­kos­re­stau­rant KFC in Mon­ta­na, P­re­to­ria, ver­dink word, is al aan­ge­keer.

Vol­gens kapt. Kay Mak­hu­be­le, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het die vyf­de ver­dag­te en sy regs­ver­teen­woor­di­ger gis­ter­og­gend by die Si­no­vil­le­po­li­sie­kan­toor op­ge­daag.

Die ver­dag­te het hom daar aan die po­li­sie oor­ge­gee en is in heg­te­nis ge­neem. Hy sal ver­moe­de­lik van­og­gend in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord om borg­tog aan­soek doen.

Vol­gens Mak­hu­be­le is die ses­de nog op vrye voet. Sy i­den­ti­teit is nog on­be­kend en die po­li­sie doen ’n be­roep op e­nig­een met in­lig­ting om hul­le te kon­tak.

’n Sel­foon­vi­deo van die aan­val deur die ses wit mans op ’n swart paar­tjie het die na­week ’n ras­se­her­rie op so­si­a­le me­dia ont­ke­ten. Vol­gens Mak­hu­be­le was die aan­val­lers in twee voer­tuie en het hul­le die paar­tjie Vry­dag in die vroeë og­gend­u­re in die deur­ry­pad van die KFC aan­ge­val.

Vier van die ver­meen­de aan­val­lers – M. Har­ding (22), O. Mil­ler (20), R.J. Nel (39) en D.J. van Rooy­en (21) – is reeds die­self­de nag op aan­klag­te van aan­ran­ding en die rig van ’n vuur­wa­pen in heg­te­nis ge­neem. Die vier ver­dag­tes het Vry­dag in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord ver­skyn.

Een is toe op borg­tog vry­ge­laat. Die an­der drie sal la­ter van­dees­week om borg­tog aan­soek doen en bly tot dan in aan­hou­ding.

Dit het in­tus­sen aan die lig ge­kom dat een van die drie mans in aan­hou­ding reeds ’n vo­ri­ge ver­oor­de­ling weens aan­ran­ding het.

’n Twee­de het ’n han­gen­de saak van aan­ran­ding teen hom.

Die der­de het vol­gens die po­li­sie ’n vals a­dres ver­skaf en is daar­om borg­tog ge­wei­er.

Fo­to: FA­CE­BOOK

’n Skerm­greep van die aan­val by die KFC in Mon­ta­na, P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.