Doods­kis­man se ma ge­tuig

Beeld - - NUUS - – Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Óf Vic­tor Mhlotshwa óf sy ma lieg, het adv. Org Bas­son gis­ter in die so­ge­naam­de doodskis­ver­hoor in die rond­gaan­de hof in Mid­del­burg ge­sê.

Hy het Lo­nia M­ma­lehlo­go­no­lo Mhlotshwa, Vic­tor se ma, in kruis­on­der­vra­ging ge­neem.

Vic­tor is ver­le­de jaar deur Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son op ’n plaas in die B­link­pan-dis­trik bui­te Mid­del­burg in ’n doods­kis ge­dwing.

Die staat sê die voor­val het op 17 Au­gus­tus 2016 ge­beur en die ver­de­di­ging sê dit was op 7 Sep­tem­ber.

Oost­hui­zen en Jack­son er­ken hul­le het Vic­tor in die kis ge­dwing, maar ont­ken hul­le het hom aan­ge­rand.

Bas­son het aan Lo­nia ge­sê as hy Vic­tor se ge­tui­e­nis reg ver­staan, is hy ver­skeie ke­re met ’n knop­kie­rie op die rug ge­slaan, wat oop won­de mee­ge­bring het.

Hy het toe in­ge­gee en in die kis ge­klim.

Lo­nia het ge­tuig Vic­tor se kle­re was so vuil dat dit nie mak­lik was om te sien of daar bloed op is nie.

Bas­son het aan Lo­nia ge­sê óf sy óf Vic­tor ver­tel nie die waar­heid oor die be­se­rings nie.

Sy het la­ter ge­tuig sy én haar seun praat die waar­heid.

Die staat het gis­ter­mid­dag sy saak af­ge­sluit.

Oost­hui­zen be­gin van­dag ge­tuig.

Fo­to: JE­AN­NE­MA­RIÉ VER­SLUIS

Oost­hui­zen en Jack­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.