E­si­di­me­ni: Do­de­tal eers la­ter be­kend

Beeld - - NUUS - – Ja­na Marx

Die Gau­teng­se de­par­te­ment van ge­sond­heid sloer met die be­kend­ma­king van die lyk­skou­ings­ver­slae van die psi­gi­a­trie­pa­si­ën­te wat in die Li­fe E­si­di­me­ni-skan­daal dood is, sê Jack Bloom, DA­woord­voer­der oor ge­sond­heid.

Hy het ook ver­le­de week in ’n ver­kla­ring ge­sê die om­buds­man vir ge­sond­heid het be­kend ge­maak dat 115 pa­si­ën­te dood is.

Prof. Ma­le­ga­pu­ru Mak­go­ba, die ge­sond­heids­om­buds­man, het eg­ter gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy weet nie waar Bloom se sy­fers van­daan kom nie.

Vol­gens Ri­car­do Mahla­ka­nya, sy woord­voer­der, sal die kor­rek­te do­de­tal vol­gen­de week in ’n amp­te­li­ke ver­kla­ring be­kend ge­maak word.

Die pa­si­ën­te is dood na­dat die Gau­teng­se de­par­te­ment van ge­sond­heid sy kon­trak met vier Li­fe E­si­di­me­ni-kli­nie­ke in 2015 be­ëin­dig het om geld te be­spaar.

So­wat 2 000 psi­gi­a­trie­se pa­si­ën­te is toe na hoof­saak­lik nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies (NRO’s) oor­ge­plaas.

In die om­buds­man se on­der­soek hier­na het van die pa­si­ën­te se fa­mi­lie­le­de ver­tel hoe hul­le ver­waar­loos en ver­hon­ger is.

Som­mi­ge NRO’s het er­ken dat hul­le nie toe­ge­rus was om vir die psi­gi­a­trie­se pa­si­ën­te te sorg nie.

Op die vraag hoe­kom dit so lank neem om ’n fi­na­le do­de­tal be­kend te maak, sê Mahla­ka­nya: “Daar is ver­skeie par­tye by die pro­ses be­trok­ke.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.