‘Al­le DNS in huis die Van B­re­da’s s’n’

Beeld - - NUUS - Ja­na B­rey­ten­bach

Geen DNS van vreem­de oor­sprong is in die Van B­re­da-huis ge­vind na­dat drie men­se met ’n byl daar dood­ge­kap is nie.

So het lt.kol. S­har­le­ne Ot­to, fo­ren­sie­se hoof van die bi­o­lo­gie­de­par­te­ment in die po­li­sie se fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um, op die 28ste dag van Hen­ri van B­re­da se ver­hoor ge­tuig.

Die ver­hoor is gis­ter ná by­na agt we­ke her­vat.

Net­werk24 en News24 word toe­ge­laat om die ver­rig­tin­ge op hul web­wer­we uit te saai.

Van B­re­da staan te­reg op aan­klag van moord op sy pa, Mar­tin, sy ma, Te­re­sa, en sy broer, Ru­di.

Hy staan ook te­reg op aan­klag van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li, en van regs­ver­y­de­ling.

Hy ont­ken skuld op al die aan­klag­te en voer aan ’n in­bre­ker het op 27 Ja­nu­a­rie 2015 by hul huis op die spog­land­goed De Zalze bui­te S­tel­len­bosch in­ge­breek en sy ge­sin met ’n byl dood­ge­kap. Toe het die in­bre­ker hom met ’n mes aan­ge­val en in die bo­lyf ge­steek, be­weer Hen­ri.

Ot­to het die pro­ses om DNS­mon­sters te ont­leed, ver­dui­de­lik.

Sy is die per­soon wat, na­dat ál die toet­se ge­doen is, die in­ter­pre­ta­sies doen wat uit­ein­de­lik in ’n ver­kla­ring by ’n hof in­ge­dien word.

Ot­to sê 216 be­wys­stuk­ke is ge­toets en sy het vier ver­kla­rings op­ge­stel waar­in die DNS-ont­le­dings uit­een­ge­sit word.

Dié ont­le­dings word vol­gens ’n in­ter­na­si­o­na­le stan­daard ge­doen.

Lui­dens haar eer­ste ver­kla­ring van A­pril 2015 is DNS-mon­sters van Te­re­sa en Ru­di on­der Hen­ri se vin­ger­na­els ge­vind.

Hul bloed is ook op die stort­vloer in die bad­ka­mer langs Ru­di en Hen­ri se slaap­ka­mer ge­vind.

Hen­ri se DNS is aan die on­der­kant van die byl se hand­vat­sel ge­vind, ter­wyl mon­sters van Ru­di en Te­re­sa aan die byl se kop ge­vind is. Ru­di se bloed is ook op die mes se hand­vat­sel ge­vind.

In die twee­de ver­kla­ring skryf sy Ru­di, Te­re­sa en Hen­ri se bloed is ge­vind op die slaap­broek wat Hen­ri ten ty­de van die aan­val aan­ge­had het.

Lui­dens die der­de ver­kla­ring is Mar­tin en Ru­di se bloed op een van die du­vetoor­trek­sels ge­vind en lui­dens die laas­te ver­kla­ring is Mar­tin se DNS ook op die byl ge­vind.

Ot­to sê geen DNS is ge­vind waar­van hul­le nie die oor­sprong ken nie. Ál die DNS-toet­se wys dat die mon­sters dié van die Van B­re­da-ge­sin is.

Sy sê ie­mand wat hand­skoe­ne en ’n klap­mus dra, sal nie nood­wen­dig DNS-be­wy­se op ’n to­neel ag­ter­laat nie.

“Die to­neel kan wel dalk ’n spoor op die per­soon los,” sê sy.

Adv. Pie­ter Bo­tha, Van B­re­da se regs­ver­teen­woor­di­ger, sal Ot­to van­dag kruis­on­der­vra.

Fo­to: JACO MARAIS

Lt.kol. S­har­le­ne Ot­to, fo­ren­sie­se hoof van die bi­o­lo­gie­de­par­te­ment in die po­li­sie se fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um, kyk na Hen­ri van B­re­da voor­dat sy vir die staat be­gin ge­tuig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.