Jong kin­ders glo be­dwelm en ver­krag

Beeld - - NUUS - Mi­ke van Rooy­en

Die hag­li­ke om­stan­dig­he­de waar­in twee vuil kin­ders met lui­se in hul lang ha­re op ’n hoe­we in Bloem­spruit deur hul ou­ers in af­son­de­ring aan­ge­hou en mis­bruik is, is in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein be­skryf.

Die pa (43) en ma (36) word daar­van aan­ge­kla dat hul­le van 2012 tot 2015 hul dog­ter­tjie (nou 11) en seun­tjie (nou 9) ver­krag en pro­beer ver­krag het en ook hul dog­ter­tjie ge­dwing het om met an­der mans seks te hê.

Die kin­ders is glo ge­dwing om dwelms te ge­bruik en was erg ver­waar­loos, be­weer die staat.

Die ou­ers het voor waar­ne­men­de reg­ter-pre­si­dent Cag­ney Mu­si skuld op die 13 aan­klag­te teen hul­le ont­ken.

Lin­da A­wer­buch, ’n maat­skap­li­ke wer­ker van En­go, het ge­tuig dat sy saam met die po­li­sie die kin­ders in ’n ag­ter­ka­mer on­der ’n kom­bers ge­kry het.

Die on­der­voe­de kin­ders se ha­re was lank en vuil. Hul­le was ge­trau­ma­ti­seer.

Die kin­ders is in af­son­de­ring op die hoe­we aan­ge­hou en het geen ken­nis van die bui­te­wê­reld ge­had nie.

Die mei­sie­tjie was ver­stan­de­lik on­der­ont­wik­kel. Haar spraak was soos dié van ’n twee­ja­ri­ge.

Die kin­ders het nie skool­ge­gaan nie. Die vo­ri­ge jaar was hul­le twee maan­de in ’n skool in Ly­den­burg.

Die seun­tjie het po­si­tief vir die dwelm tik ge­toets.

Van­dag gaan dit baie be­ter met die kin­ders. Hul­le kan al­bei nou be­hoor­lik praat en gaan skool toe.

Adv. Pie­ter Nel het na­mens die ou­ers dit aan A­wer­buch ge­stel dat die kin­ders skoon, ver­sorg en ge­voed was.

Die ou­ers het nie geld ge­had om die kin­ders skool toe te stuur nie en het self pro­beer om hul­le te leer lees, skryf en tel.

“Hul­le sê hul­le het vir die kin­ders uit die By­bel ge­lees en ge­bid.”

Adv. Ena Lie­ben­berg kla aan.

Die ver­hoor duur voort.

Fo­to: ALZANE NARRAIN

Lin­da A­wer­buch (links) en kapt. Dei­dré Haar­mey­er stap uit die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.