Skuld: Beurt­krag dalk Em­fu­le­ni se voor­land

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

E­s­kom het krag­ver­brui­kers in Em­fu­le­ni gis­ter in ’n ken­nis­ge­wing ge­waar­sku dat die plaas­li­ke o­wer­heid hom R194,8 mil­joen skuld en dat beurt­krag in­wo­ners en ny­wer­he­de se voor­land is.

Lui­dens die ken­nis­ge­wing wat in Beeld se sus­ter­pu­bli­ka­sie Dai­ly Sun ver­skyn het, sê E­s­kom Em­fu­le­ni se skuld hoop se­dert A­pril op en dat die plaas­li­ke o­wer­heid teen 8 Sep­tem­ber met ’n plan vo­ren­dag moet kom om sy skuld te ver­ef­fen.

Die ken­nis­ge­wing lui voorts as Em­fu­le­ni nie teen 8 Sep­tem­ber re­ë­lings met E­s­kom ge­tref het nie, beurt­krag in­ge­stel sal word.

E­s­kom dreig ook om die groot­maat­krag na Em­fu­le­ni teen 3 Ok­to­ber te ont­kop­pel.

Die krag­ver­skaf­fer waar­sku dat hy beplan om van 8 Sep­tem­ber af die groot­maat­krag na Em­fu­le­ni op week­dae van 06:00 tot 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30 af te ska­kel.

Op Sa­ter­dae en Son­dae sal die krag af wees van 08:30 tot 11:00 en 15:00 tot 17:30.

E­s­kom meld in die ken­nis­ge­wing Ve­ree­ni­ging, Van­der­bijl­park, Se­bok­eng, Boi­pa­tong, Ts­he­pi­so, S­har­pe­vil­le en E­va­ton sal deur die krag­on­der­bre­kings ge­raak word.

S­tan­ley Ga­ba, woord­voer­der van die Em­fu­le­ni- plaas­li­ke o­wer­heid, sê hy is nie be­wus van die ken­nis­ge­wing nie.

A­dri­a­na Ran­dall, die DA se woord­voer­der oor fi­nan­sies in die Gau­teng­se wet­ge­wer, het gis­ter ge­sê Em­fu­le­ni kom nie sy ver­plig­tin­ge teen­oor E­s­kom, een van sy groot­ste diens­ver­skaf­fers, na nie en dit dui op swak fi­nan­si­ë­le be­stuur by die plaas­li­ke o­wer­heid.

Vol­gens Ran­dall het die DA Em­fu­le­ni “maan­de ge­le­de” al ge­waar­sku om sy fi­nan­sies in or­de te kry om­dat die plaas­li­ke o­wer­heid on­der Si­mon Mofo­keng, ANC-bur­ge­mees­ter, be­sig is om “teen ’n af­grond af te stort”.

Die Em­fu­le­ni- plaas­li­ke o­wer­heid moes die laas­te paar maan­de geld leen om van sy skuld te be­taal en vul­lis­ver­wy­de­ring het so te sê tot stil­stand ge­kom.

Em­fu­le­ni het Rand­wa­ter in Ju­nie R70 mil­joen ge­skuld. Die wa­ter­ver­skaf­fer het se­dert­dien die wa­ter­druk na Em­fu­le­ni met 20% ver­laag.

Ga­ba sê hy is nie se­ker of Em­fu­le­ni se skuld by Rand­wa­ter al ge­deel­te­lik of heel­te­mal ge­delg is nie.

Hy is wel be­wus van hoog­lig­gen­de woon­ge­bie­de waar die men­se kla die wa­ter­druk is be­son­der laag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.