Leer­krag­te jam­mer oor ‘ver­ne­de­ring’

Beeld - - NUUS - Ja­na Marx

On­der­wy­sers van die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp het ’n groep ma­tri­ku­lan­te gis­ter­og­gend om ver­sko­ning ge­vra om­dat hul­le die kin­ders voor hul me­de­leer­lin­ge ver­ne­der het.

Die ou­ers van som­mi­ge van die ma­tri­ku­lan­te is woe­dend oor die ge­beu­re, wat glo ver­on­der­stel was om hul­le te “mo­ti­veer”.

“Ma­triek­on­der­wy­sers het 34 ma­tri­ku­lan­te wat vak­ke ge­druip het ná skool ge­hou vir ’n ver­ga­de­ring waar­van ons as ou­ers nie eens ge­weet het nie,” sê Li­zel­le Nel, een van die ont­sto­ke ou­ers. “My kind was ont­steld toe hy by die huis kom en ek kon nie glo wat hy my ver­tel nie.”

Som­mi­ge on­der­wy­sers het die leer­lin­ge glo een vir een voor me­de­leer­lin­ge oor hul pun­te oor die ko­le ge­haal en ver­ne­de­ren­de aan­mer­kings op die ver­ga­de­ring ver­le­de Maan­dag ge­maak.

Chris­to Swart, voor­sit­ter van die be­heer­lig­gaam, sê die be­doe­ling was om die ma­tri­ku­lan­te te her­in­ner om hul sok­kies op te trek.

“Dit moet tot voor­deel van die kin­ders wees,” sê hy. “Die oom­blik toe ons van on­te­vre­den­heid te ho­re ge­kom het, het die be­heer­lig­gaam die saak saam met mnr. Jo­han Ca­litz, die skool­hoof, ge­han­teer.”

Swart sê gis­ter was daar weer ’n ver­ga­de­ring waar­op die on­der­wy­sers die kin­ders om ver­sko­ning ge­vra het. Hy be­skou die saak as af­ge­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.