Self­dood oor ID: ‘Let op tie­ners se e­mo­sies’

Beeld - - NUUS - Han­nes Kru­ger News24

Tie­ners se e­mo­sies is broos. Daar­om kan die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys maar pro­se­du­res skep om leer­lin­ge in si­tu­a­sies met me­rie­te te­ge­moet te kom, sê prof. El­da de Waal, ’n on­der­wys­reg­ken­ner aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se E­duHRig­ht-na­vor­sing­sen­ti­teit.

Sy het ge­re­a­geer na­dat B­ren­da Sithole (17) ein­de Ju­lie haar le­we be­ëin­dig het om­dat sy nie ’n i­den­ti­teits­kaart (ID) ge­had het nie en ge­volg­lik nie ma­triek sou kon skryf nie.

B­ren­da was ’n leer­ling in gr. 11 aan die T­hu­to­pe­le High S­chool in Palm Rid­ge aan die Oos-Rand.

Daar is glo aan haar ge­sê sy gaan van die skool weg­ge­jaag word om­dat sy nie as lands­bur­ger ge­re­gis­treer is nie.

be­rig sy het ’n brie­fie in die vorm van ’n hart ag­ter­ge­laat.

Dit lui: “Ek is jam­mer. Ek het geen be­doe­ling om e­nig­een seer te maak nie. Ek is jam­mer. Ek het jul­le al­mal lief en re­spek­teer jul­le. Ek doen my bes, maar dit voel a­sof ek nie hier by jul­le hoort nie.

“Ek is net ’n ver­ne­de­ring vir jul­le, my fa­mi­lie.

“Ek het nie ’n toe­koms nie, al het ek groot dro­me wat ek wou sien waar word, maar dit sou nie moont­lik wees nie om­dat ek uit die skool ge­skop sou word om­dat ek nie ’n ID het om te wys waar ek hoort nie. Ek was net ’n nor­ma­le mens wat my le­we deur die ge­na­de van God ge­leef het, maar tog was dit nie ge­noeg nie. Ek is nut­te­loos.”

B­ren­da se ma het haar ja­re ge­le­de by haar tan­te, Ter­ry Sithole, ge­laat. Dié het eers la­ter ag­ter­ge­kom haar ma het nooit haar ge­boor­te ge­re­gis­treer nie.

Sy kon B­ren­da nie re­gis­treer nie om­dat amp­te­na­re ge­sê het haar bi­o­lo­gie­se ma moet teen­woor­dig wees.

Toe sy oud ge­noeg was om ’n ID te kry, het hul­le haar ma pro­beer op­spoor en ná ’n lang ge­suk­kel uit­ge­vind sy is dood. Die man saam met wie sy ge­woon het, het haar ID en dood­ser­ti­fi­kaat aan Ter­ry ge­gee.

In­tus­sen is Ter­ry se pa dood en hul po­gings om vir B­ren­da ’n ID te kry, het nie ge­vor­der nie. De Waal sê hoe­wel amp­te­li­ke do­ku­men­te be­lang­rik is ter wil­le van die kor­rek­te re­gis­tra­sie van ’n leer­ling by ’n skool, “mag ons nooit min­der­ja­ri­ges se be­lan­ge uit die oog ver­loor nie”.

Sy sê al­le vol­was­se­nes sal met “erns­ti­ge toe­wy­ding daar­op moet be­gin let dat tie­ners se e­mo­sies broos is en dat ons hul­le nie mag laat voel dat hul­le uit­ge­le­wer is aan goed wat bui­te hul be­heer is nie”.

S­te­ve Ma­bo­na, woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment, sê hul­le is be­wus van die voor­val en is hart­seer daar­oor. “Die (on­der­wys)de­par­te­ment het geen be­leid oor staatlose kin­ders nie. Die be­voegd­heid is dié van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke, wat stu­die­per­mit­te aan bui­te­land­se leer­lin­ge ver­skaf.

“Ons plaas leer­lin­ge net in sko­le as hul­le wet­ti­ge ID’s het.”

Die de­par­te­ment het nie vrae be­ant­woord oor hoe­kom die skool B­ren­da dan son­der die no­di­ge do­ku­ment toe­ge­laat het nie.

‘‘

Ek het groot dro­me wat ek wou sien waar word

— B­REN­DA SITHOLE

B­ren­da Sithole.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.