Vic­tor was nog nooit ’n te groot reus nie

Beeld - - KOMMENTAAR - Pe­tro Han­sen

Vic­tor Mat­field is een van daar­die men­se. Hy is soos Bak­kies Bo­tha en F­rik du P­reez, le­gen­des uit eie reg. “Mam­mie, daar is Vic­tor,” sê die man vir sy vrou aan die ta­fel langs my in die kof­fie­win­kel. Ek kyk op. In­der­daad. Hy dra ’n bruin ka­kie­broek met ’n ge­rui­te groen hemp en bruin leer­skoe­ne. Ne­tjies uit­ge­vat. Die man het nie net op sy dag goeie rug­by ge­speel nie, hy weet wrag­gies nog iets van styl ook.

Vic­tor. Vic­tor Mat­field.

Hy is een van daar­die ou­ens oor wie jy nie won­der wan­neer jul paaie kruis nie. Jy wéét. Daar is net een soos hy. Die lang le­ni­ge lyf. Die don­ker ha­re. Die mooi sterk ge­sig. Jy her­ken hom op ’n myl. Ou­ma Raai, wat lief was vir haar rug­by op ’n Sa­ter­dag, sou met my saam­stem dat Vic­tor die toon­beeld van ’n kam­pi­oen is. ’n Man wat die DNS van ons eie S­pring­bok­span ver­ge­stalt. Sterk en fors.

Maar toe Vic­tor daar voor my ver­by­stap, kry ek hom ook ’n bie­tjie jam­mer, want ek be­sef hy kan nooit son­der dat ie­mand hom her­ken van sy Wilds­win­kel­kan­toor na Kings

Me­at-slag­huis stap om in v­re­de vir hom

’n sak­kie bil­tong vir mid­dag­e­te te koop nie. Een Sa­ter­dag­og­gend het hy in die ein­ste slag­huis voor my in die tou by die kas­re­gis­ter ge­staan.

Dis die naas­te wat ek nog aan ’n S­pring­bok­rug­by­spe­ler ge­kom het.

In sy hand het hy twee pak­kies skaap­tjops ge­had. Ek kon nie help om te won­der hoe­veel sap­pi­ge Ka­roo-skaap­tjop­pies dit vat om hier­die eens taai rug­by­kam­pi­oen ver­sa­dig te kry nie.

Om­dat Vic­tor so ’n op­sig­te­li­ke voor­koms het, kan hy dit nie be­kos­tig om, soos ons sê, ’n bad hair day te hê nie. Ek moet toe­gee, om die een of an­der re­de laat ’n man met lan­ge­ri­ge ha­re my knieë soms ’n bie­tjie na die bin­ne­kant toe vou. Op voor­waar­de, na­tuur­lik, dat die ha­re skoon en ver­sorg is. Nes Vic­tor s’n.

Ja-nee, ek dink nie dit moet al­dag mak­lik wees om Vic­tor Mat­field te wees nie, maar tog won­der ek hoe dit voel om as kap­tein die S­pring­bok­span voor ’n ska­re van dui­sen­de op die veld te lei.

La­ter stap Vic­tor weer voor die kof­fie­win­kel waar ek sit ver­by, en ek weet som­mer dat ’n klom­pie jong skool­seuns hom ê­rens vir sy hand­te­ke­ning sal voor­keer.

Een De­sem­ber in die Gar­den Rou­te Mall in Ge­or­ge het hy in Mug & Be­an saam met sy beeld­sko­ne vrou en hul kin­ders ge­sit. Nes ons het die jong laai­ties van ’n an­der ge­sin Vic­tor lank­al ge­waar. Hul­le het hom ver­sig­tig met ’n stuk­kie pa­pier in die hand ge­na­der.

Ek sit nog so en be­sin oor hoe dit moet voel om jou pri­vaat­heid ter wil­le van jou sport prys te gee toe Vic­tor op­staan.

Hy glim­lag vrien­de­lik, en na­dat hy sy hand­te­ke­ning ge­gee het, sit hy sy arm om een van die seuns se skou­ers. Dit is wat Vic­tor Mat­field vir my ’n le­gen­de maak.

Hy was nog nooit ’n te groot reus om ’n jong aan­han­ger se hart bly te maak nie.

‘‘

Daar is net een soos hy. Die lang le­ni­ge lyf. Die don­ker ha­re. Die mooi sterk ge­sig. Jy her­ken hom op ’n myl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.