P­ha­ki­sa is deel van ver­be­te plun­der­tog

Beeld - - MIDDELBLAD - E­li­se Tem­pel­hoff

Die ANC-re­ge­ring wil ons op ver­skeie ma­nie­re mis­lei: Een hier­van is sy am­bi­si­eu­se Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan (NOP), wat nie aan die gang kom nie. Die be­lang­rik­ste re­de hier­voor is dat ons nie ge­noeg wa­ter vir die plan het nie.

Om die NOP aan die gang te kry is die ANC nou op ’n plun­der­tog om op kort ter­myn werk te skep en die be­vol­king te­vre­de te hou. Die jong­ste voor­beeld van dié plun­de­ring van na­tuur­li­ke hulp­bron­ne is dat die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne ’n myn­reg aan die Aus­tra­lie­se myn­huis Syl­va­nia uit­ge­reik het vir die ont­gin­ning van pla­ti­num in een van Suid-A­fri­ka se na­tuur­won­ders: die Nyl­vloed­vlak­te.

Nog ’n voor­beeld is die myn­reg en om­ge­wings­goed­keu­ring, as­ook ’n wa­ter­li­sen­sie, in die kri­tiek be­lang­ri­ke “wa­ter­fa­briek” in die be­waar­de Ma­bo­la by Wak­ker­stroom. Hier ont­spring ’n he­le klomp groot ri­vie­re.

Die ANC se plun­der­tog is nou van die land na die see uit­ge­brei. Ter­wyl baie e­ner­gie daar­aan ge­wy word om van pres. Ja­cob Zu­ma ont­slae te raak, het Pe­troSA (met Zu­ma en die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne se hulp) die o­se­aan rond­om Suid-A­fri­ka reeds in mas­sie­we blok­ke ver­deel en feit­lik op ’n skink­bord aan in­ter­na­si­o­na­le o­lie- en gas­maat­skap­pye ge­gee. On­der hul­le is ExxonMo­bil, wat reeds be­sig is om van A­lex­an­der­baai aan die Wes­kus tot Ko­si­baai aan die oos­kus seis­mie­se soek­tog­te te doen. Die soek­tog­te, waar­aan Sa­sol, To­tal, Sun­gu Sun­gu, R­hi­no Oil en an­der deel­neem, word on­der die vaan­del van O­pe­ra­sie P­ha­ki­sa uit­ge­voer. Laas­ge­noem­de is deel van die NOP.

Pe­troSA er­ken op sy web­werf dat die ak­ti­wi­teit in die o­se­aan die laas­te maan­de toe­ge­neem het en meld dat om­ge­wings­be­wus­tes toe­ne­mend by hom oor die la­waai in die see kla. Hul­le is ook be­kom­merd oor die toe­ne­men­de aan­tal wal­vis­se, dol­fy­ne, pik­ke­wy­ne, rob­be en ver­skeie see­vo­ëls wat strand.

Dit het tyd ge­word dat Suid-A­fri­ka­ners die vol­le om­vang van O­pe­ra­sie P­ha­ki­sa be­sef om­dat dit ver­rei­ken­de ge­vol­ge vir die kus­ge­bie­de, voed­sel­se­ker­heid, werk­skep­ping en toe­ris­me kan in­hou. Wat gaan van be­staans­vis­sers en toe­ris­me in plek­ke soos Kaap­stad, St. Lu­cia, die won­der­sko­ne Wil­de­kus, Mos­sel­baai, P­let­ten­berg­baai en Knys­na word?

Om net ’n voor­beeld te noem: Wal­vis­se en dol­fy­ne gaan ver­dwyn om­dat die seis­mie­se soek­tog­te dié die­re van koers af gaan dwing.

Die eks­plo­ra­sie in die o­se­aan hou moont­lik nu­we bron­ne van e­ner­gie in, maar moe­nie ver­geet nie, dit is fos­siel­brand­stow­we, en die res van die wê­reld is stel­sel­ma­tig be­sig om na her­nu­ba­re e­ner­gie­bron­ne oor te ska­kel.

P­ha­ki­sa be­te­ken “maak gou” in Sotho en ’n mens kan maar net af­lei dat die re­ge­ring haas­tig is om die pro­jek­te aan die gang te kry. Na­tuur­lik is miljarde dol­lars op die spel en in­ter­na­si­o­na­le e­ner­gie­maat­skap­pye lek reeds hul lip­pe af om o­lie- en gas­bo­re in die re­de­lik on­ge­rep­te In­die­se en At­lan­tie­se O­se­aan hier by ons op te rig.

Kan Suid-A­fri­ka dit be­kos­tig om ter wil­le van die soek­tog na fos­siel­brand­stow­we die le­we in die o­se­aan op te of­fer? Gaan kyk ge­rus op Pe­troSA se web­werf en soek die kaar­te. Dan kan ons die ge­sprek voort­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.