Goeie Nuus

Leef Je­sus se nu­we wet

Beeld - - MIDDELBLAD - – S­te­phan Jou­bert

Je­sus het ’n nu­we ge­bod tot die wet van Mo­ses toe­ge­voeg, soos wat Hy­self in Joh. 13:34 sê, naam­lik naas­te­lief­de.

In Matt. 22 be­ves­tig Hy dit nog­maals as Hy sê dat die groot­ste ge­bod lief­de vir God is, maar dan by­voeg dat die twee­de wat hier­mee ge­lyk­staan is om jou naas­te lief te hê soos jou­self.

Al het die Is­rae­lie­te nooit ont­ken dat naas­te­lief­de saak maak nie, kom die op­drag tot naas­te­lief­de teg­nies net een keer in die Ou Te­sta­ment voor, naam­lik in Lev. 19:28.

Dit word ge­du­rig ver­on­der­stel, maar dit kos Je­sus om naas­te­lief­de o­pen­lik en amp­te­lik deel van die hart­klop van God se wet te maak.

Daar­om kan Pau­lus in Rom. 13 skryf die he­le wet word saam­ge­vat in lief­de vir die naas­te.

In die eer­ste Jo­han­nes­brief skryf Jo­han­nes aan­hou­dend dat lief­de vir God nooit los staan van lief­de vir an­der men­se nie.

Hy sê selfs ons is leu­e­naars as ons ver­tel ons het God lief, maar ons haat ons broers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.