Min­der werk­lo­ses, min­der wer­kers

Beeld - - KUNS & VERMAAK - Han­lie S­tad­ler en Fran­cois Wil­li­ams

Suid-A­fri­ka het no­dus­se van min­der werk­loos­heid in ’n see van werk­loos­heid, blyk uit S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) se ar­beids­mag­pei­ling vir die twee­de kwar­taal van 2017.

Selfs in die pro­vin­sie met die heel laag­ste werk­loos­heids­koers is een uit vier men­se werk­loos, vol­gens die wyd­ste de­fi­ni­sie daar­van.

In die twee­de kwar­taal het 113 000 min­der men­se werk ge­had as in die eer­ste. Dit is die eer­ste keer in ’n jaar dat kwar­taal­groei in­krimp.

Vol­gens die SSA het die ge­tal werk­lo­ses ook ge­daal, maar 9,341 mil­joen men­se in die land is steeds óf werk­loos óf reeds te moe­de­loos om werk te soek óf hul­le werk om ’n “an­der” re­de nie. Dit sluit tuis­te­skep­pers, sko­lie­re en stu­den­te uit, as­ook men­se wat voel hul­le is te siek of te oud om te werk.

Die amp­te­li­ke werk­loos­heids­koers is on­ver­an­derd op 27,7% teen­oor die eer­ste kwar­taal. Dit is eg­ter 1,1 per­sen­ta­sie­punt ho­ër as in die twee­de kwar­taal van 2016, groot­liks om­dat die ar­beids­mag vin­ni­ger groei as wat werk ge­skep word.

Die uit­ge­brei­de werk­loos­heids­koers is op ’n nu­we al­ge­he­le hoog­te­punt van 36,6%. Die is 0,2 per­sen­ta­sie­punt ho­ër as die 36,4% van die eer­ste kwar­taal en van ’n jaar te­vo­re.

Die pro­vin­sies met die hoog­ste amp­te­li­ke werk­loos­heids­koers is die Oos-Kaap en die Vry­staat, In al­bei is die koers 34,4%.

Werk­loos­heid vol­gens die uit­ge­brei­de de­fi­ni­sie het in vier van die land se ne­ge pro­vin­sies ge­daal – in die WesKaap, die Vry­staat, K­waZu­luNa­tal en in Lim­po­po.

Die amp­te­li­ke werk­loos­heids­koers in die Noord-Kaap het ef­fens ge­daal, maar dit is bloot om­dat men­se op­ge­hou het werk soek. Vol­gens die uit­ge­brei­de de­fi­ni­sie het werk­loos­heid in dié pro­vin­sie met 5,5 per­sen­ta­sie­pun­te ge­styg.

Die slui­me­ren­de uit­wer­king van die droogte is steeds te sien in die land­bou­sek­tor, waar die ge­tal werk­ne­mers van 875 000 in die eer­ste kwar­taal met 4,5% of ’n he­le 40 000 tot 835 000 af­ge­neem het.

Prof. Jo­han Wil­lem­se, land­bou-e­ko­noom van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, sê die uit­wer­king van die droogte be­gin nou eers in die so­mer­saai­ge­bie­de deur­slaan, on­danks die feit dat die af­ge­lo­pe jaar ’n “goeie” jaar was.

Som­mi­ge boe­re se inkomste is twee tot drie jaar ag­ter weens die vo­ri­ge ja­re se mis­oes­te en die ban­ke en an­der kre­di­teu­re dring daar­op aan dat hul skuld te­rug­be­taal word.

Dié boe­re sny dus waar moont­lik steeds kos­te.

In die win­ter­re­ën­val­ge­bie­de soos die Wes-Kaap, waar wa­ter­ge­bruik vir be­sproei­ing be­perk word, het heel­par­ty boe­re be­sluit om eer­der nie nou groen­te te plant nie, maar om die wa­ter te ge­bruik om hul vrug­te­bo­me aan die le­we te hou.

Die vee­boe­re het steeds baie min­der vee weens die droogte.

“Ons skat daar is tot40% min­der vee as nor­maal­weg in heel­wat stre­ke en dit raak die boe­re se inkomste erg. Dit be­te­ken hul­le kyk waar kos­te be­snoei kan word.

“Dit geld ook tans in die Oos-Kaap, waar ’n baie er­ge droogte heers.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.