Rand da­de­lik ster­ker ná spea­ker se ‘ja’ vir ge­hei­me stem teen JZ

Beeld - - KUNS & VERMAAK - – Niel Jou­bert en Han­lie S­tad­ler

Die rand het gis­ter da­de­lik ver­sterk na­dat Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die par­le­ment, ge­sê het die stem­pro­ses oor die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma sal in die ge­heim plaas­vind.

Die rand het skie­lik ver­sterk tot R13,20 teen­oor die dol­lar.

Die geld­een­heid het vroe­ër die dag nog op R13,45 teen­oor die dol­lar ver­han­del.

RMB het vroe­ër ge­sê dit sal net ’n ty­de­li­ke op­flik­ke­ring wees om­dat dit so­veel on­se­ker­heid gaan skep.

Die stem­ming self vind van­dag plaas.

’n Mo­sie van wan­troue sal in werk­lik­heid be­te­ken Zu­ma moet uit­ tree as pre­si­dent, wat bin­ne­ge­veg­te in die ANC kan ver­er­ger.

As die mo­sie mis­luk, kan be­leg­gers te­leur­ge­steld voel, wat nooit goeie nuus vir die rand is nie.

Die rand sal die res van die week kyk na Vry­dag, wan­neer Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce sy be­sluit oor Suid­A­fri­ka se kre­diet­gra­de­ring be­ kend maak.

As Moody’s staat­skuld af­gra­deer, sal staat­skuld in rand op rom­mel­sta­tus wees by twee kre­diet­gra­deer­ders (Fitch is die an­der een) en sal staat­skuld in bui­te­land­se geld­een­he­de by al drie die gro­tes (ook S&P) op rom­mel­sta­tus wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.