Hou jy van bier? Trek Vry­staat toe

Beeld - - KUNS & VERMAAK - – Niel Jou­bert

Suid­A­fri­ka­ners hou meer van bier drink as van groen­te eet.

En as jy ’n groot bier­drin­ker is, dan is die Vry­staat die pro­vin­sie om in te woon.

Suid­A­fri­kaan­se huis­hou­dings gee so­wat 2,1% van hul to­ta­le be­ste­ding aan bier uit, vol­gens S­ta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka (SSA). Dit is die­self­de as wat aan per­soon­li­ke sorg be­stee word, maar meer as aan groen­te, wat 1,5% van die to­ta­le be­ste­ding uit­maak.

Bier­drin­kers in die Wes­Kaap be­taal meer vir ’n glas bier as die res van hul land­ge­no­te. Die ge­mid­del­de prys van ’n 330 ml­bot­tel­tjie of ­blik­kie in die Wes­Kaap was in Ju­nie R13,77. Dit is R3,77 meer as in die Vry­staat, die pro­vin­sie waar bier die goed­koop­ste is.

Die prys van bier het ook die af­ge­lo­pe jaar re­la­tief sta­biel ge­bly. Vol­gens die SSA was bier­in­fla­sie in Ju­nie 0,3%, wat aan­sien­lik min­der is as die al­ge­he­le jaar­lik­se in­fla­sie­koers van 5%.

Die SSA meet die prys­ver­an­de­rin­ge vir bier, wyn en spi­ri­tu­a­lieë. Bier is die ge­wild­ste on­der dié drie en die voor­ste keu­se in el­ke pro­vin­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.