Re­ser­we­bank be­boet VBS met R2,5 m. weens ge­brek­ki­ge stel­sels

Beeld - - SAKE - – Niel Jou­bert

Die Re­ser­we­bank het VBS Mu­tu­al Bank met R2,5 mil­joen be­boet weens te­kort­ko­min­ge in die bank se maat­re­ëls om on­der meer geld­was­se­ry te be­kamp.

VBS moet ook reg­stel­len­de stap­pe doen om die te­kort­ko­min­ge in sy stel­sels te ver­be­ter.

Dit volg na­dat die Re­ser­we­bank ’n in­spek­sie by die bank ge­doen het om vas te stel of hy aan die Wet op die Fi­nan­si­ë­le In­tel­li­gen­sie­sen­trum (Fi­ca) vol­doen.

Se­ke­re te­kort­ko­min­ge en swak­he­de is ge­vind in VBS se be­heer­maat­re­ëls vir die voor­ko­ming van geld­was­se­ry of die fi­nan­sie­ring van ter­ro­ris­me.

VBS was in 2016 in die nuus toe hy R7,8 mil­joen aan pres. Ja­cob Zu­ma ge­leen het om vir N­kand­la te be­taal.

VBS het sy wor­tels in ’n bou­ver­ e­ni­ging van die 1980’s wat in Ven­da ge­se­tel was. Die bank het so­wat 30 000 kli­ën­te en sy de­po­si­to’s be­loop so­wat R800 mil­joen. Die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie is ’n groot aan­deel­hou­er van VBS en het ’n be­lang van so­wat 25%.

Die Re­ser­we­bank sê R2 mil­joen van die boe­te is op­ge­skort vir een jaar, wat geld van­af 7 Ju­nie, on­der­he­wig daar­aan dat VBS vol­doen aan se­ke­re voor­waar­des soos deur die Re­ser­we­bank uit­een­ge­sit.

Die Re­ser­we­bank sê VBS gee sy sa­me­wer­king en het stap­pe ge­doen om die swak­he­de in sy stel­sels te ver­be­ter.

Die Re­ser­we­bank het lui­dens die Ban­koor­sig­de­par­te­ment se jaar­ver­slag in 2016 boe­tes van am­per R50 mil­joen weens te­kort­ko­min­ge in hul maat­re­ëls aan Suid­A­fri­kaan­se ban­ke op­ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.