Moei­li­ke eer­ste teen­stan­der wag in Wal­lis op Kings

Beeld - - SPORT - Mi­cha­el G­reen

Met min­der as ’n maand oor voor­dat die Sout­hern Kings sy eer­ste wed­stryd in die Pro14-reeks speel, het dié span nog nie een keer saam­ge­oe­fen nie.

En vol­gens be­rig­te in die B­rit­se me­dia, wag daar ’n ui­ters taai wed­stryd op 2 Sep­tem­ber teen die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen­span, die S­car­lets, op die Kings.

Wa­les On­li­ne be­rig die Kings sal sy eer­ste twee wed­stry­de in die reeks oor­see teen die S­car­lets en Con­nacht (Ier­land) speel.

Dan gaan die Kings te­rug Port E­li­za­beth toe om met Lein­ster en Ze­bre krag­te te meet voor­dat hy weer vir ’n krag­me­ting met die Dra­gons in Ne­w­port ver­trek.

Die be­pa­lings moet nog amp­te­lik deur die or­ga­ni­seer­ders be­kend ge­maak word.

Die B­rit­se en Ier­se Leeus-heel­ag­ter, Leigh Half­pen­ny, kan vir die Dra­gons teen die Kings speel. Half­pen­ny het hom on­langs van Tou­lou­se af by dié Wal­lie­se span aan­ge­sluit.

Die Kings se be­we­gings is in­tus­sen steeds duis­ter. Na­vrae by die me­di­a­ska­kel­be­amp­te oor die af­rig­ter en spe­lers kon nie be­ant­woord word nie.

C­harl Crous, die Kings se be­dryfs­hoof, het ver­le­de week ge­sê De­on Da­vids sal na ver­wag­ting hier­die week sy kon­trak on­der­te­ken om die span weer te brei.

Hy was ook hoop­vol dat hy hier­die week ’n lys van ge­kon­trak­teer­de spe­lers be­kend sal kan maak.

Die Sout­hern Kings sal na ver­wag­ting as die OP-Kings in hul eer­ste wed­stryd in die Eer­ste Li­ga, op 26 Au­gus­tus teen die Bo­land in die Baai, as op­war­ming speel.

Wat by die OP-Kings aan­gaan, is ook nog ’n raai­sel. ’n Mens kry al hoe meer die i­dee dat die span met ’n ys­li­ke kop­seer sit.

Weens die ge­wel­di­ge druk pro­gram wat die Sout­hern Kings gaan hê, is dit te be­twy­fel of veel van die fran­chi­se se spe­lers vir die OP-Kings be­skik­baar gaan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.