El­lis­park se S­wys­era be­gin

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

Dit was Maan­dag ’n vreem­de ge­voel vir die Leeus om aan te meld vir hul Cur­rie­be­ker-oe­fe­ning en daar was geen te­ken van Jo­han Ac­ker­mann nie.

S­wys de Bruin, die nu­we hoof­af­rig­ter van die Leeus, het ge­sê al was dit ’n “ei­en­aar­di­ge ge­voel”, is die werk­lik­heid dat “die le­we aan­gaan en dat ons nou net moet fo­kus op die res van die Cur­rie­be­ker­reeks”.

De Bruin moet nou as die nu­we hoof­brei­er uit Ac­ker­mann se aan­sien­li­ke ska­du­wee be­weeg en sy eie be­gin werp.

“Ek voel baie po­si­tief oor die Cur­rie­be­ker­reeks en ons het van­dag ’n goeie oe­fe­ning ge­had. Daar is ’n gees van op­ge­won­den­heid on­der die spe­lers,” het De Bruin ge­sê ter­wyl hy hom Maan­dag­mid­dag ge­staal het vir ’n be­soek aan die tand­arts­stoel.

“Dit is iets wat ek haat om te doen,” het hy ge­sê van sy af­spraak met die tand­arts.

Dat die nu­we hoof­brei­er om­trent ha­re op sy tan­de sal moet hê om sy span weer op die wen­pad te kry in die Cur­rie­be­ker is ge­wis.

A­sof dit nie al moei­lik ge­noeg is met die klomp S­pring­bok­ke en spe­lers wat oor­see gaan speel nie, het De Bruin nog gis­ter boon­op die nuus ge­kry dat die flank en B­lits­bok K­wag­ga S­mith vir vier we­ke ge­skors is na­dat hy in die Su­per­rug­by-eind­stryd in die lug kon­tak ge­maak het met die Cru­sa­ders-heel­ag­ter, Da­vid Ha­vi­li.

’n San­zaar-tug­ko­mi­tee be- uit die voor­sit­ter, Ni­gel Hamp­ton, S­te­fan Ter­blan­ché en John Lang­ford het be­slis dat S­mith se oor­tre­ding ’n straf van agt we­ke reg­ver­dig het.

Om­dat hy eg­ter skuld er­ken en ’n skoon re­kord het, het die tug­ko­mi­tee sy straf tot vier we­ke ver­min­der.

Hy sal tot en met 2 Sep­tem­ber nie mag speel nie en sal dus eers weer vir die Goue Leeus se krag­me­ting op 8 Sep­tem­ber in Kim­ber­ley teen G­rie­kwas be­skik­baar wees.

De Bruin sê hoe­wel die straf wat S­mith op­ge­lê is, aan­vaar word, vind hy dit te­leur­stel­lend en stem hy saam met Ac­ker­mann dat oor die rooi­kaart­re­ël be­sin moet word.

Hy glo as Ha­vi­li nie in die he­le pro­ses een van sy span­maats ook ge­tref het ter­wyl hy in die lug was nie, hy waar­skyn­lik nie op sy nek en skou­ers te lan­de sou ge­kom het nie.

Daar is da­rem nie net sleg­te nuus uit die Leeu-kamp nie. Die slot An­dries Fer­rei­ra, wat sy rug­by oor­see sou gaan speel, is in­tus­sen oor­reed om in die Goud­stad te bly en vir die Leeus in die Cur­rie­be­ker­reeks te speel.

De Bruin sê hy gaan moont­lik vir Fer­rei­ra, Ja­c­ques van Rooy­en, Ru­an D­rey­er en Ha­rold Vor­ster ’n rus­kans gee vir Sa­ter­dag se stryd teen die Haaie op El­lis­park. “Dit kan dalk mô­re ver­an­der,” het hy ge­sê.

Vol­gens De Bruin gaan daar bin­ne­kort ’n aan­kon­di­ging ge­maak word oor wie die Leeus se nu­we voor­spe­ler-af­rig­ter gaan wees.

An­dries Fer­rei­ra

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.