Noord­wes kou klip­pe teen KZN

Gau­ten­ger kap te­rug na NSA

Beeld - - SPORT - Ann­chen Nel

Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA) kan spe­lers nie “gy­se­laar” hou om­dat hul­le nié van­dees­week in die pro­vin­si­a­le toer­nooi speel nie.

Só sê Pe­tro G­reeff, pre­si­dent van die Gau­teng­se u­nie, Maan­dag in re­ak­sie op Mi­mi Mt­hethwa-Zu­lu, die NSA-pre­si­dent, se vrae hoe­kom net een Gau­teng­se span in Af­de­ling A speel.

Mt­hethwa-Zu­lu het Son­dag op ’n nuus­kon­fe­ren­sie ge­sê spe­lers wat vroe­ër van­jaar aan die na­si­o­na­le P­re­mier­liga deel­ge­neem het, moes van­dees­week in Dur­ban vir hul pro­vin­sies ge­speel het. En sy sou ver­al graag spe­lers wat in na­si­o­na­le oe­fen­groe­pe was, in Dur­ban wou sien.

Gau­teng het ge­woon­lik twee se­ni­or span­ne in Af­de­ling A van die kam­pi­oen­skap­pe, maar van­jaar is daar net een.

Gau­teng se A1-span sou die Noord-Gau­teng­se Ja­guars wees, wat die P­re­mier­liga ge­wen het, met die Gau­teng­se Fi­re­balls A2. Die A2-span is eg­ter ver­le­de Maan­dag ont­trek.

Die hui­di­ge groep Pro­te­as mag nie van­dees­week speel nie.

G­reeff sê spe­lers se re­des is óf fi­nan­sies óf werk- en stu­die­ver­plig­tin­ge.

Spe­lers moet R3 000 op­dok om hier deel te neem.

“Ons het hul ver­voer be­taal, maar is nie be­reid om al­les vir hul­le te be­taal nie,” sê G­reeff.

“Die mees­te spe­lers is on­der­wy­sers of stu­den­te. Dit is on­moont­lik om nog tyd af te kry,” sê sy.

Mt­hethwa-Zu­lu het Maan­dag op ’n ver­ga­de­ring met die pre­si­den­te van die pro­vin­sies Gau­teng weer ge­maan dat hy sy twee span­ne in die P­re­mier­liga kwyt kan wees.

Spe­lers wat in ál agt na­we­ke van die na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie ge­speel het, het R6 500 ge­kry. ’n Spe­ler van die Wed­stryd het daar­by R4 000 ver­dien.

Die net­bal­baas meen spe­lers moet “te­rug­be­taal” deur vir hul pro­vin­sies be­skik­baar te wees.

) Op die baan het K­waZu­luNa­tal so by­na-by­na vir die eer­ste ver­ras­sing ge­sorg. Hy het Maan­dag­og­gend teen Noord­wes ’n veel gro­ter uit­da­ging ge­bied as wat die mees­te men­se ver­wag het.

Die Pot­chef­stro­mers het har­de be­ne ge­kou, maar uit­ein­de­lik die knoop met 40-35 deur­ge­hak.

Die Noord­wes­ters speel Dins­dag twee wed­stry­de, teen Noord-Kaap en Wes-Kaap.

Gau­teng het sy veld­tog af­ge­skop deur Noord-Kaap met 4928 te klop. Die Wes-Kaap was met 58-17 baas teen M­pu­ma­lan­ga en Vry­staat het min pro­ble­me ge­had teen die Oos-Kaap (55-27).

Ju­li­ne Ros­souw, kap­tein van die Wes-Kaap, sê haar spe­lers moes aan­vank­lik aan­pas by die om­stan­dig­he­de in die bui­te­lug, maar kon toe hul rit­me kry.

“Ons kon sterk ein­dig en al­mal het speel­kans ge­kry,” sê Ros­souw.

Dins­dag se pro­gram (Hoy Park­sport­kom­pleks): 08:00: Noord­wes t. Noord­Kaap, Vry­staat t. M­pu­ma­lan­ga; 09:30: Wes­Kaap t. Oos­Kaap, Gau­teng t. K­waZu­lu­Na­tal; 12:30: Vry­staat t. Noord­Kaap; 14:00: Wes­Kaap t. Noord­wes; Gau­teng t. Oos­Kaap.

Fo­to: REG CALDECOTT

Die K­waZu­lu­Na­tal­ler Jes­si­ca K­ho­mo (links) raap ’n bal weg voor die neus van die Noord­wes­hulp­doel Me­lan­di P­re­to­ri­us op die eer­ste dag van die na­si­o­na­le net­bal­kam­pi­oen­skap­pe in Dur­ban. Noord­wes moes klip­pe kou om die tuis­span te ver­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.