Nou kan Bok­ke hul nóg be­ter laat geld

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

Hy slaap dees­dae baie rus­ti­ger as vir die groot­ste deel van die af­ge­lo­pe 18 maan­de, sê Ju­rie Roux, die uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru).

Roux het FNB gis­ter in Four­ways ver­wel­kom as ’n nu­we borg van die S­pring­bok­ke. FNB se naam en ken­te­ken sal vir die vol­gen­de drie jaar op die rug van die S­pring­bok­trui ver­skyn.

Hier­die borg is die vyf­de se­dert die be­gin van die jaar wat hom tot S­pring­bok- en Suid-A­fri“fan­tas­ties kaan­se rug­by ver­bind.

Al lyk die toe­koms veel roos­kleu­ri­ger vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by, het Roux tog ge­waar­sku dat die pro­ble­me nog nie heel­te­mal op­ge­los is nie en dat dit nog 18 maan­de sal neem om hul fi­nan­si­ë­le si­tu­a­sie heel­te­mal te be­red­der.

Sa­ru se dis­puut met ’n voor­ma­li­ge bank­borg, Ab­sa, is ook nog voort­sle­pend.

Nog ’n po­si­tie­we aan­kon­di­ging word eg­ter bin­ne die vol­gen­de se­we dae ver­wag ra­ken­de Sa­ru se te­le­vi­sie­reg­te.

Roux sê daar is nou tal­le ge- vir SA rug­by om uit te brei in al­le rig­tings wê­reld­wyd.

“Ons kan bin­ne die vol­gen­de paar jaar ses tot agt span­ne hê wat in­ter­na­si­o­naal mee­ding.”

Vol­gens hom be­te­ken dit eg­ter nie dat die tra­di­si­o­ne­le ver­toon­ven­ster van Suid-A­fri­kaan­se rug­by, die Cur­rie­be­ker-reeks, nou skie­lik ’n ag­ter­ste sit­plek moet in­neem nie.

“Die Cur­rie­be­ker is steeds ’n e­nor­me kom­pe­ti­sie en ons kan dit be­slis nie net ag­ter­weë laat nie. Dit is oor die vol­gen­de twee maan­de een van ons ver­naam­ste ta­ke om din­ge reg uit te werk wat die Cur­rie­be­ker in die toe­koms be­tref.

“Ons sal die reg­te meng­sel moet kry en be­sin of dit selfs net no­dig gaan wees om dit oor ’n en­kel­ron­de te speel,” sê hy.

“Ons kan eg­ter nie sloer daar­mee nie, want ons kan nie eers in Ja­nu­a­rie van die­self­de jaar wat die reeks aan­ge­bied word ons be­sluit wil aan­kon­dig nie.

“Ons sal be­slis ook steeds deel bly van San­zaar, al is dit dan uit­ein­de­lik met drie, vier of dalk selfs vyf span­ne. Ons het dit no­dig om steeds teen Nieu­leent­he­de en Aus­tra­lie­se span­ne te speel, want hul­le is die bes­te en om self die bes­te te wil wees, moet jy teen die bes­te span­ne speel,” glo Roux.

Hy het ook sy me­ning ge­gee oor die ver­lies van ’n voor­ste af­rig­ter soos Jo­han Ac­ker­mann en voel dat af­rig­ters hier plaas­lik nie lank ge­noeg be­hou word nie.

“Die groot vraag is hoe ons al ons af­rig­ters kan te­rug­kry wat oor­see gaan werk het. Dit gaan ’n taak vir Ras­sie (Eras­mus, wat as Sa­ru se di­rek­teur van rug­by aan­ge­stel is) wees.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Ju­rie Roux, Sa­ru se uit­voe­ren­de hoof, Faye M­fik­we van FNB en die Bo­klos­voor­spe­ler Ou­pa Mo­ho­je.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.