Siep­sop­braai­boud ná Pro­tea­kol­wers wéér ver­lep

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

Suid-A­fri­ka se ge­brek aan kolf­diep­te is in sy reeks­ne­der­laag van 3-1 teen En­ge­land op­nuut aan die kaak ge­stel.

Die Pro­te­as het Maan­dag die vier­de toets teen die En­gel­se op Old Traf­ford in Man­ches­ter met 177 lo­pies ver­loor.

Die wy­se waar­op Suid-A­fri­ka in sy twee­de beurt van 163/3 tot 202 al­mal uit in­een­ge­stort het, was niks min­der nie as be­treu­rens­waar­dig.

Suid-A­fri­ka het En­ge­land vroe­ër op dag vier vir 243 uit­ge­boul. Die Pro­te­as moes 380 lo­pies vir ’n on­waar­skyn­li­ke oor­win­ning jaag.

Die aan­vangs­kol­wers, Hei­no Kuhn (11) en De­an El­gar (5), kon weer geen noe­mens­waar­di­ge grond­slag vir die be­soe­kers daar­stel nie.

Die e­nig­ste ver­bly­den­de as­pek van die Pro­te­as se twee­de kolf­beurt was die puik ven­noot­skap van 123 lo­pies wat Hashim Am­la (83) en die kap­tein, Faf du P­les- (61), om die vier­de paal­tjie op­ge­sta­pel het.

Na­dat Am­la deur die veel­sy­di­ge draai­er, Moeen Ali (5/69), been voor paal­tjie be­trap is, het die Pro­tea-kolf­lys eg­ter soos ’n kaar­te­huis in­een­ge­stort.

Quin­ton de Kock (1) en T­heu­nis de Bruyn (0) is met op­een­vol­gen­de bal­le deur Ali uit­ge­haal.

Die Pro­te­as kan een­vou­dig nie s­legs op Am­la, Du P­les­sis en El­gar staat­maak om lo­pies aan te te­ken nie.

Ver­brou­de kan­se het die Pro­te­as ook in die laas­te toets ge­kel­der. Ali, wat 75* in En­ge­land se twee­de beurt aan­ge­te­ken het, is Sa­ter­dag met sy tel­ling op 6 deur El­gar laat val.

Ali het ’n uit­ste­ken­de toets­reeks met die kolf en met die bal be­leef. Hy is die eer­ste En­gel­se spe­ler se­dert Ian Bot­ham in 1985 om meer as 250 lo­pies aan te te­ken en 25 paal­tjies plat te trek in ’n toets­reeks.

Ali het 252 lo­pies in die vier toet­se aan­ge­te­ken. Die 25 slag­of­sis fers wat hy ge­ëis het, is die mees­te van al die bou­lers in die reeks.

As Suid-A­fri­ka Ali vroe­ër kon uit­kry, sou hy straks min­der as 300 lo­pies in die vier­de beurt moes jaag.

En Am­la en Du P­les­sis se ven­noot­skap sou En­ge­land dan ten min­ste laat s­weet het.

Die Pro­te­as se bou­lers kan eg­ter te­vre­de voel met hul ver­to­ning in die toets. Mor­né Mor­kel (4/41) het vroeg in die og­gend van En­ge­land se stert­kant­kolSee­land­se wers ont­slae ge­raak om die tuis­span se voor­sprong tot min­der as 400 lo­pies te be­perk.

On­ge­luk­kig het die Pro­tea-kol­wers hul bou­lers se goeie werk reg­deur die reeks on­ge­daan ge­maak.

Met tuis­reek­se teen In­dië en Aus­tra­lië om die draai, sal die Pro­te­as vin­nig ’n kuur vir dié kwaal moet vind. Die twee toet­se wat Bangla­desj in Sep­tem­ber en Ok­to­ber in Suid-A­fri­ka kom speel, sal ook be­swaar­lik as goeie voor­be­rei­ding dien.

Fo­to: GETTY IMAGES

Faf du P­les­sis ná hy sy paal­tjie ver­loor het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.