All Blacks: Ne­he te­rug, Sa­vea uit

Lau­la­la ook weer in­ge­span

Beeld - - SPORT - @Net­werk24sport

T­wit­ter:

S­te­ve Han­sen, af­rig­ter van die All Blacks se rug­by­span, het die stut Ne­po Lau­la­la en die vlug­voe­ti­ge vleu­el Ne­he Mil­ner-S­kud­der in sy groep vir die Rugbykampioenskap her­roep, maar die ta­maai vleu­el Ju­li­an Sa­vea is weg­ge­laat.

Mil­ner-S­kud­der is deel van die groep van 33 spe­lers, on­danks die feit dat hy die groot­ste deel van die sei­soen met ’n ge­breek­te voet op die kruk­ke­lys was.

Lau­la­la, wat vas­kop vir die C­hiefs in die Su­per­rug­by-reeks ge­speel het, het die laas­te van sy vier toet­se in 2015 teen Aus­tra­lië ge­speel voor­dat hy sy knie erns­tig be­seer het.

Sa­vea, wat as die “Bus” be­kend staan, is die noe­mens­waar­dig­ste weg­la­ting, met die All Blacks-be­stuur wat eer­der vir Mil­ner-S­kud­der, Is­rael Dagg en Wai­sa­ke Na­ho­lo as vleu­els ver­kies.

Kie­ran Re­ad sal weer die span se kap­tein wees.

“Ons wil eer­stens vir al die spe­lers wat ge­kies is, ge­luk­wens, ver­al vir Ne­po en Ne­he,” het Han­sen ge­sê.

“Aan die an­der kant is ons sim­pa­tiek teen­oor die on­ge­luk- ki­ges wat nie die span ge­haal het nie, ver­al Ju­li­an Sa­vea en Matt Todd. Al­bei van hul­le het al baie tot die trui by­ge­dra en sal weer in die toe­koms so maak.”

Met die vas­kop­stut C­har­lie Faumuina, die los­ska­kel Aa­ron Cru­den en die sen­ter Ma­la­kai Fe­ki­toa wat eers­daags in Frank­ryk gaan speel, is Han­sen ge­dwing om aan die groep wat in die on­lang­se toets­reeks teen die B­rit­se en Ier­se Leeus diens ge­doen het, te tor­ring.

Li­ma So­po­a­ga sal in Cru­den se af­we­sig­heid ’n gro­ter rol as Beau­den Bar­rett se los­ska­ke­l­ad­ju­dant speel, ter­wyl Da­mi­an M­cKen­zie na ver­wag­ting ook los­ska­kel sal speel.

Han­sen het juis ’n hoë dunk van M­cKen­zie.

) Die All Blacks se groep is: AGTERSPELERS: Ben S­mith, Jor­die Bar­rett, Is­rael Dagg, Ne­he Mil­ner­S­kud­der, Wai­sa­ke Na­ho­lo, Rie­ko Io­a­ne, Ry­an Crot­ty, An­ton Lie­nert­Bro­wn, Son­ny Bill Wil­li­ams, N­ga­ni Lau­ma­pe, Beau­den Bar­rett, Li­ma So­po­a­ga, Da­mi­an M­cKen­zie, Aa­ron S­mith, TJ Pe­re­na­ra, Ta­wera Kerr­Bar­low. VOORSPELERS: Kie­ran Re­ad (k), Li­am S­qui­re, Je­ro­me Kai­no, Sam Ca­ne, Ar­die Sa­vea, Va­ea Fi­fi­ta, Lu­ke Ro­ma­no, Sam W­hi­te­lock, Bro­die Re­tal­lick, S­cott Bar­rett, O­wen Franks, Ne­po Lau­la­la, Ofa Tu’ung­a­fa­si, Wy­att Croc­kett, Joe Moody, Da­ne Co­les, Co­die Tay­lor, Nat­han Har­ris.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ne­po Lau­la­la van die C­hiefs bars deur ’n paar Hur­ri­ca­nes­ver­de­di­gers in van­jaar se Su­per­reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.