Vu­el­ta sal Con­ta­dor se swa­ne­sang wees

Beeld - - SPORT - – BBC, S­port­re­dak­sie

Die twee­ma­li­ge Tour de Fran­ce­wen­ner Al­ber­to Con­ta­dor gaan vol­gen­de maand ná 14 jaar as be­roeps­ry­er uit­tree.

Dié S­pan­jaard het gis­ter aan­ge­kon­dig dat die jaar­lik­se Vu­el­ta a España, wat in sy tuis­land ge­hou word, sy laas­te op die fiets sal wees.

“Ek gaan in die vol­gen­de Vu­el­ta a España van 19 Au­gus­tus af ry en dit sal my laas­te fiets­toer as be­roeps­ry­er wees,” het Con­ta­dor (34) ge­sê.

Hy is een van net ses ry­ers wat die Tour de Fran­ce, die Gi­ro d’I­ta­lia en die Vu­el­ta a España kon wen.

Con­ta­dor sal ook ont­hou word vir ’n skor­sing weens die ge­bruik van ’n ver­bo­de mid­del. Hy het des­tyds aan­ge­voer hy het C­len­bu­te­rol in­ge­kry na­dat hy be­smet­te vleis ge­ëet het.

Hy is on­der meer van sy der­de Tour de Fran­ce­kroon van 2010 ge­stroop na­dat hy in Fe­bru­a­rie 2012 ge­skors is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.