JZ lag weer laas­te

■ Tel­fout sorg eers vir ’n skok ■ S­tryd nie ver­by – op­po­si­sie

Beeld - - VOORBLAD - Ver­slag­span

Pres. Ja­cob Zu­ma het dalk die jong­ste veld­slag teen hom af­ge­weer, maar die oor­log om sy kop is nog nie ver­by nie.

Dit was gis­ter­aand die bood­skap van op­po­si­sie­par­tye na­dat die agt­ste mo­sie van wan­troue in Zu­ma ook mis­luk het.

Die ver­skil dié keer is dat tal­le ANC-LP’s die mo­sie ge­steun het.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV), het ná ’n ge­hei­me stem­ming aan­ge­kon­dig dat ANC-LP’s die mo­sie met 198 stem­me teen­oor 177 ver­werp het.

Ne­ge LP’s het bui­te stem­ming ge­bly.

Lui­de ap­plous het in die ANC­ban­ke in die NV los­ge­bars toe die uit­slag be­kend word.

Op­po­si­sie­par­tye het eers ge­dink dat hul 177 stem­me ge­noeg is om Zu­ma as pre­si­dent te ver­wy­der, maar moes la­ter met die stert tus­sen die be­ne te­rug­staan toe M­be­te die res van die uit­slae voor­lees.

Dit kom ná ’n paar be­nou­de oom­blik­ke vir die ANC toe tien nee-stem­me per on­ge­luk saam met die ja-stem­me ge­tel is.

Vol­gens John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, is die ja-stem­me in die ver­keer­de hou­er ge­plaas, maar het be­amp­tes die fout op­ge­tel voor­dat die uit­slag amp­te­lik be­kend ge­maak is.

“Die at­mos­feer on­der die ANC was aan­vank­lik baie jo­vi­aal en hul­le het baie ver­troue ge­had, maar ’n mens kon som­mer voel hoe ge­demp die at­mos­feer word toe hul­le be­sef hoe na­by Zu­ma daar­aan was om ont­troon te word,” het Steen­hui­sen ge­sê.

’n T­ri­om­fant­li­ke Zu­ma het kort na­dat die mo­sie ver­werp is aan ju­be­len­de ANC-on­der­steu­ners ge­sê die ANC sal “nooit ver­slaan word nie”. (Sien kas­sie hier­naas.)

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, wou bui­te die par­le­ment nie vrae di­rek be­ant­woord oor die meer as 20 ANC-LP’s wat die mo­sie ge­steun het nie.

“Dit was ’n ge­hei­me stem­me­ry

en jul­le kan be­spie­gel dat ANC-LP’s die mo­sie ge­steun het.

“In ’n de­mo­kra­sie wen jy, al is dit met een stem. Dit is nie ’n ge­tal­le­spel nie.

“Die ANC het ge­wen. Op die ou end sal nie­mand weet wie wat ge­stem het nie.”

Te veel ANC-LP’s het teen Zu­ma ge­stem vir die ANC om tug­stap­pe te doen, sê T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se sa­ke­skool in Pot­chef­stroom.

“Vol­gens be­trou­ba­re bron­ne van my het so­wat 33 ANC-le­de uit meer as 245 par­le­ments­le­de vir die mo­sie ge­stem. Dít is be­te­ke­nis­vol,” sê Ven­ter.

Op­po­si­sie­par­tye was dit eens dat die s­tryd om die pre­si­dent te ver­wy­der nog nie ver­by is nie.

Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er wat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ge­na­der het om te ver­se­ker dat die stem­me­ry in die ge­heim ge­skied, sê dit is nie die ein­de van die pad nie.

Die par­ty gaan hom by die EFF se po­ging in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof aan­sluit om Zu­ma in ’n staat van be­skul­di­ging te plaas.

“Dit is ’n hol­le oor­win­ning vir

die ANC om­dat meer as 20 ANCLP’s saam met die op­po­si­sie ge­stem het. Dit wys dat hul­le ver­deeld is.”

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, sê die stemuit­slag wys dat die op­po­si­sie be­sig is om die s­tryd teen Zu­ma te wen.

“Ons sal voort­gaan daar­mee tot­dat dit ’n wa­re oor­win­ning word. Van­dag is ’n dui­de­li­ke te­ken dat die de­mo­kra­sie werk.”

Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe-lei­er, sê som­mi­ge ANC-le­de was selfs ná hul oor­win­ning baie som­ber.

“Dis om­dat hul­le be­sef het dié ding is nie ’n oor­win­ning nie.

“Dis eint­lik mis­lei­dend. Dit sus hul­le in ’n be­haag­lik­heid om te dink dat die men­se weer vir hul­le gaan stem, maar in die ko­men­de tyd­perk sal Suid-A­fri­ka­ners hul rug op die ANC draai.

“Wan­neer hul­le die nuus hoor dat die ANC die pre­si­dent selfs ná al die goed oor die Gup­tas on­der­steun het, be­te­ken dit dat Zu­ma vir hul­le be­lang­ri­ker as die gan­se ANC is.”

Prof. Pie­ter La­bu­schag­né, po­li­tie­ke ont­le­der aan U­ni­sa, sê daar was ’n swaai van 15% tot 20% weg van Zu­ma teen­oor vo­ri­ge mo­sies van wan­troue.

Vir die op­po­si­sie­par­tye is die uit­slag die bes­te wat hul­le kon kry.

“Zu­ma is steeds daar om ska­de aan die ANC aan te rig. Sy po­si­sie is boon­op wan­kel­ri­ger, want ’n aan­sien­li­ke groep in sy par­ty het teen hom ge­draai,” sê La­bu­schag­né.

“As ’n mens mooi ge­luis­ter het, sou jy ge­hoor het die ANCLP’s het Zu­ma nie ver­de­dig nie.

“Hul­le het die op­po­si­sie aan­ge­val en hoof­saak­lik een ding ge­sê: ‘Wat jul­le wil hê, is ’n re­gi­me ver­an­de­ring .’

“Hul­le het Zu­ma nooit sterk ver­de­dig nie. Hul­le het eer­der pro­beer sê: ‘Ons (die ANC) is deur die men­se van die land ver­kies en jul­le pro­beer nou am­per op ’n on­de­mo­kra­tie­se wy­se ’n re­gi­me ver­an­de­ring te­weeg­bring ,’” sê La­bu­schag­né.

Daar­teen­oor het die op­po­si­sie­par­tye ’n slim tak­tiek ge­had.

“Hul­le het daar­op ge­ha­mer dat hul­le die ANC nie wil ver­vang nie, maar Zu­ma,” sê hy.

To­ny Le­on, oud­lei­er van die DA, het ge­twiet Zu­ma is “nou ’n po­li­tie­ke zom­bie – po­li­ties ge­spro­ke nie le­wend nie, nie dood nie”.

Vol­gens Ven­ter is daar gis­ter­og­gend se­ke­re kom­pro­mis­se in die ANC-kou­kus ge­maak.

“Daar­die kom­pro­mis­se gaan uit­ein­de­lik be­paal wat met Zu­ma sal ge­beur ná die ANC se na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie in De­sem­ber.

“Hy sal tot De­sem­ber bly, maar nie daar­na nie. Ons is be­sig om ’n sce­na­rio te sien ont­wik­kel waar­in daar in 2018 weer ’n her­roe­ping sal wees, al het die ANC ná (oud­pres. T­ha­bo) M­be­ki ge­sê hy sal dit nooit weer doen nie.

“Hul­le sal dit weer moet doen om­dat die ri­si­ko ver­bon­de aan Zu­ma nou vir die ANC te groot word, ve­ral met die oog op die ver­kie­sing in 2019.”

Ons sê aan Ja­cob Zu­ma: ‘Pa­s­op.’ Dit was van­dag dui­de­lik dit is moont­lik om Zu­ma te ver­wy­der.

— JU­LI­US MA­LE­MA, EFF­LEI­ER

Net 49% van LP’s het ten guns­te van pres. Zu­ma ge­stem.

— PROF. PIERRE DE VOS, GRONDWETKENNER

Zu­ma het oor­leef, maar het niks om te vier nie. Hy is nood­lot­tig ge­wond en sy par­ty is aan sker­we.

— MMUSI MAIMANE, DA­LEI­ER

Zu­ma is nou ’n zom­bie – po­li­ties ge­spro­ke nie le­wend nie, nie dood nie.

— TO­NY LE­ON, DA­OUD­LEI­ER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.