Man kan 2 j. tronk toe oor stok­kies in sit­plek

Beeld - - VOORBLAD - – Reu­ters

Min mis­daad be­te­ken nie géén mis­daad nie.

Dit is een van die slag­spreu­ke van die re­ge­ring in Sin­ga­poer, wat een van die laag­ste mis­daad­sy­fers ter wê­reld het.

So is ’n 60-ja­ri­ge man in die pe­kel na­dat hy glo tan­de­stok­kies in ’n sit­plek op ’n o­pen­ba­re bus ge­druk het. Dié kat­te­kwaad kan tot tronk­straf van twee jaar lei.

“Deur na­vrae en met die hulp van kring­te­le­vi­sie­ka­me­ra skon die po­li­sie die skul­di­ge i­den­ti­fi­seer ,” sê die po­li­sie in’ n ver­kla­ring.

’n Vrou het ver­le­de week foto’s van die drie tan­de­stok­kies, wat reg­op staan in die sit­plek, op Fa­ce­book ge­plaas.

“Ont­hou om jul sit­plek­ke na te gaan,” het sy by die foto ge­skryf.

Die o­wer­heid tree streng op teen klei­ner mis­da­de soos van­da­lis­me. Van­da­le kan lyf­straf op­ge­lê word. Daar is ook ’n ver­bod op die in­voer van kou­gom ten ein­de o­pen­ba­re ge­rie­we skoon te hou.

Foto: FA­CE­BOOK

Die ge­wraak­te tan­de­stok­kies in ’n bus­sit­plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.