Jy kan die ANC nie ver­slaan nie, sê Zu­ma

Beeld - - VOORBLAD - Kan teg­nie­se pun­te in die par­le­ment ge­bruik om die meer­der­heid by die ANC oor te vat. Dit is on­moont­lik. Jy kan dit nie doen nie.

Die ANC sal nooit ver­slaan word nie, het pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter­aand ge­sê kort na­dat die mo­sie van wan­troue in hom mis­luk het.

“Hul­le kan pro­beer. Ek is se­ker jul­le ont­hou dat van­dag se mo­sie van wan­troue nr. 8 was. Hul­le pro­beer al­tyd. Hul­le leer nie. Jy kan die ANC nie ver­slaan nie,” het Zu­ma aan ’n groot groep ANC­on­der­steu­ners bui­te die par­le­ment in Kaap­stad ge­sê.

Vol­gens Zu­ma is die ANC in­ge­stem deur ’n oor­wel­di­gen­de meer­der­heid Suid­A­fri­ka­ners.

“Die op­po­si­sie het ge­glo hul­le Ons is die meer­der­heid.

“Hul­le het ’n klomp geld be­stee (na be­we­ring om ANC­LP’s om te koop). Vat die geld en be­taal jul kinders se skool­geld daar­mee. Hul­le praat te veel. Dit is eg­ter net praat. Die or­ga­ni­sa­sie is gro­ter as hul­le al­mal.”

Zu­ma het daar­na al­le ANC­LP’s be­dank wat “baie hard ge­werk het om die ANC te ver­de­dig”.

“Vir die ANC­LP’s wat reg ge­stem het, sê ons weer baie dan­kie.”

Hy het ANC­on­der­steu­ners ook vir hul steun be­dank.

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.