Klag teen Ma­na­na by po­li­sie in­ge­dien

Beeld - - NUUS - Ja­na Marx

’n Saak is teen M­du­du­zi Ma­na­na, ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, aan­han­gig ge­maak na­dat hy na be­we­ring twee vroue Son­dag in die vroeë og­gend­u­re by die Cu­baña-re­stau­rant in Four­ways, Jo­han­nes­burg, aan­ge­rand het.

Vuyo M­ha­ga, woord­voer­der van die mi­nis­ter van po­li­sie, het dit be­ves­tig.

Vroe­ër is be­rig Man­di­sa Du­ma en ’n vrien­din was Son­dag in ’n stry­e­ry met Ma­na­na oor wie pres. Ja­cob Zu­ma in De­sem­ber as ANC-pre­si­dent moet op­volg.

Ma­na­na het Du­ma in­tus­sen om ver­sko­ning ge­vra, maar die po­li­sie on­der­soek ’n klag van aan­ran­ding.

Die vak­bond N­teu, wat a­ka­de­mie­se en an­der per­so­neel­le­de in ter­si­ê­re on­der­rig ver­teen­woor­dig, is “ge­walg” deur Ma­na­na se “on­aan­vaar­ba­re” op­tre­de, lui ’n ver­kla­ring.

“Suid-A­fri­ka het ’n ge­skie­de­nis van ge­weld teen vroue en al die stap­pe wat al ge­doen is om dit reg te stel, is nut­te­loos as pro­mi­nen­te men­se soos die ad­junk­mi­nis­ter so op­tree.”

Die vak­bond sê die ad­junk­mi­nis­ter wat ver­ant­woor­de­lik is vir ho­ër on­der­wys moet ’n voor­beeld stel vir jong mans wat u­ni­ver­si­teits­op­lei­ding kry.

“Die voor­beeld wat Ma­na­na die na­week ge­stel het, is be­treu­rens­waar­dig. Hy moet be­dank of af­ge­dank word en die o­wer­he­de moet die klag van aan­ran­ding on­der­soek en die no­di­ge in­heg­te­nis­ne­mings uit­voer.”

Son­dag se voor­val is nie die e­nig­ste be­we­ring van aan­ran­ding teen Ma­na­na nie.

Ti­mesLi­ve het Maan­dag be­rig Zinhle Mok­hohla­ne (22) be­weer sy is ver­le­de maand in Er­me­lo ook deur Ma­na­na aan­ge­rand.

Mok­hohla­ne en Ma­na­na het al­bei ’n saak by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak, maar dit la­ter te­rug­ge­trek, be­rig Ti­mesLi­ve.

■ In­tus­sen het ’n storm om die kop van Ja­cob M­fu­si, kan­toor­hoof van Bon­ga­ni M­kon­gi, ad­junk­mi­nis­ter van po­li­sie, los­ge­bars na­dat M­fu­si Ma­na­na Maan­dag op Fa­ce­book ver­de­dig het: “Hy is een van ons, nie my vriend nie, maar my ju­ni­or. Ek het re­spek vir hom . . . Hy is uit­ge­lok (deur die vroue). Ek is lief vir hier­die jong man, my ad­junk­mi­nis­ter. Staan sterk, my lei­er.”

M­fu­si het met twee nu­we in­skry­wings ge­re­a­geer op die kom­men­taar en om ver­sko­ning ge­vra vir sy eer­ste in­skry­wing.

Hy meen dat hy ’n mis­daad­vrye ge­meen­skap aan­moe­dig wat vrou­e­reg­te on­der­skryf. In die der­de in­skry­wing spreek hy weer sy spyt uit en on­der­neem om van so­si­a­le me­dia af­stand te doen.

Si­za­ke­le N­ko­si-Ma­lo­ba­ne, Gau­tengs eL U R vir ge­meen­skap s vei­lig­heid, sê sy is te­leur­ge­steld in Ma­na­na.

“Ek is te­leur­ge­steld en ver­stom oor hier­die voor­val, en dit boon­op ter­wyl die land Vrou­e­maand vier. Nie­mand het die reg om vroue te mis­han­del nie, al word hy uit­ge­lok,” sê sy.

Die ANC-vrou­e­li­ga ver­oor­deel ge­weld teen vroue in ’n ver­kla­ring en sê hy ver­oor­deel ge­weld teen vroue en dat oor­tre­ders die ge­reg moet trot­seer. Die vrou­e­li­ga moe­dig al­le ge­tui­es aan om die o­wer­he­de in hul on­der­soek na die voor­val by te staan.

Foto: SKERMGREEP

Ja­cob M­fu­si, kan­toor­hoof van Bon­ga­ni M­kon­gi, ad­junk­mi­nis­ter van po­li­sie, se re­ak­sie op sy in­skry­wing op Fa­ce­book Maan­dag waar­in hy Ma­na­na ver­de­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.