Twee van SA swem deur En­gel­se Ka­naal

Beeld - - NUUS - A­let van der Walt

“Die dok­ter het aan my ge­sê ek moet ge­wig ver­loor. Ek was te dik,” sê Chris Fou­rie.

Hy hét toe 18 kg af­ge­skud en Son­dag deur die En­gel­se Ka­naal ge­swem.

Fou­rie (46) en nog ’n Vry­sta­ter, Je­an Cra­ven (45), het Son­dag on­der­skei­de­lik die 53ste en 54ste Suid-A­fri­ka­ner ge­word wat dié pres­ta­sie be­haal.

Meer men­se klim jaar­liks E­ve­rest uit as wat dit reg­kry om deur die En­gel­se Ka­naal te swem, sê Fou­rie.

Hy en Cra­ven was al­bei in G­rey Kol­le­ge, maar dis bloot toe­val­lig dat al­bei se swemuit­da­ging deur die­self­de maat­skap­py ge­re­ël is. Cra­ven is van Kof­fie­fon­tein en Fou­rie het in De­a­les­vil­le groot­ge­word.

Fou­rie sê hy het met rug­pyn ge­suk­kel en toe be­sluit om ge­son­der te leef. Vier jaar ge­le­de het hy be­gin swem. Drie maan­de la­ter was hy fiks ge­noeg om die 7,5 km tus­sen Kaap­stad en Rob­ben­ei­land af te lê.

Hy swem so­wat 36 km per week, sê dié be­stuurs­kon­sul­tant wat in die sui­wel­be­dryf werk.

Hy het reeds 16 keer Rob­ben­ei­land toe ge­swem en Son­dag het hy die En­gel­se Ka­naal oor­win.

Die wa­ter in die En­gel­se Ka­naal is da­rem war­mer as by die Kaap – 16 °C tot 17 °C teen­oor die Kaap se 12 °C.

Soos die kraai vlieg, is die En­gel­se Ka­naal 32 km breed, maar weens die see­stro­me lê swem­mers 54 km af.

Fou­rie het dié af­stand in 13½ uur af­ge­lê.

“Die laas­te uur voor­dat jy die Fran­se kus be­reik, swem jy maar so­wat 200 m ver.”

Dit is die moei­lik­ste deel en baie swem­mers kom tot na­by die kus, maar kan nie die laas­te deel van die uit­mer­ge­len­de uit­da­ging vol­tooi nie.

“Jy moet hard teen die stro­me swem om deur te kom,” sê Fou­rie.

Dit kos fyn be­plan­ning om deur die ka­naal te swem en ’n mens ge­bruik om­trent die­self­de hoe­veel­heid e­ner­gie ten ty­de van die swem as wat jy ge­woon­lik in 12 dae no­dig sou hê.

Jy moet gereeld ten ty­de van die swem eet en vloei­stof in­neem. Hy glo aan warm rooi­bos­tee, sê Fou­rie. Ge­woon­lik eet hy ge­kook­te ei­ers, maar dié keer het hy vrug­te en sjo­ko­la­de­bruin­tjies ge­ëet.

Swem­mers mag net ’n swem­broek, swem­bril en swem­pet aan­hê, maar mag wel “ka­naalghries” aan­smeer om hit­te­ver­lies te be­perk. Die ka­naalghries is ’n meng­sel van pe­tro­le­um­jel­lie en la­no­lien, sê Fou­rie.

Chris Fou­rie in die En­gel­se Ka­naal, wat hy Son­dag deur­kruis het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.