S­pring­bok­ke word Rooi­bok­ke

‘Weg­trui sim­bool van be­gin van nu­we era’

Beeld - - NUUS -

Die S­pring­bok­ke gaan op 26 Au­gus­tus in “Rooi­bok­ke” ver­an­der wan­neer hul­le teen Ar­gen­ti­nië in Sal­ta in dié span­ne se Rug­by­kam­pi­oen­skap-toets speel.

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) het gis­ter aan­ge­kon­dig dat die Bok­ke in ’n spe­si­a­le rooi weg­trui in hul twee­de toets teen Ar­gen­ti­nië gaan speel.

Dié spe­si­a­le truie is ge­maak om die 25ste her­den­king van Suid-A­fri­kaan­se rugbyeenheid te vier.

Daar sal slegs ’n be­perk­te ge­tal rooi on­der­steu­nerstruie van van­dag af in win­kels beskikbaar wees.

Die Bok­ke het van­jaar reeds in geel en blou truie ge­oe­fen en met die by­voe­ging van die rooi trui sal al die kleu­re van die lands­vlag van­jaar in S­pring­bok-ge­waad ver­teen­woor­dig word.

“Ons wou die 25ste her­den­king van rug­by in Suid-A­fri­ka op ’n tref­fen­de en on­ver­geet­li­ke wy­se vier en ons ven­no­te, A­si­cs, het met die rooi truie vo­ren­dag ge­kom,” sê Ju­rie Roux, uit­voe­ren­de hoof van Sa­ru.

“Ons het die kleu­re van die vlag as ’n sim­bool van een­heid ge­kies. Ons glo rooi maak die groot­ste in­druk as ’n her­den­king van wat ons in rugbyeenheid be­reik het,” sê hy.

Rugbyeenheid is op 20 Maart 1992 be­reik na­dat die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­raad, die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie, die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­voet­bal­ver­e­ni­ging en die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­ver­e­ni­ging al­mal on­der die vaan­del van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­voet­bal­u­nie (Sar­vu) ver­e­nig het. Sar­vu se naam is in 2003 in Sa­ru ver­an­der.

“Dit was ’n merk­waar­di­ge pres­ta­sie om al die rug­by­ge­meen­skap­pe ná so­veel ja­re van on­e­nig­heid saam te snoer,” sê Roux.

“As ’n sport­soort het ons groot fou­te ge­maak. Maar in die af­ge­lo­pe 25 jaar het rug­by Suid-A­fri­ka ook oom­blik­ke van groot blyd­skap ge­gee en die sport is ’n be­we­se na­sie­bou­er.”

Roux sê die rooi weg­trui is boon­op ’n sim­bool van die be­ëin­di­ging van ’n ou era en die be­gin van ’n nu­we.

“Dit is al­ge­me­ne prak­tyk vir na­si­o­na­le span­ne om skep­pend te raak met hul weg­truie, maar dit is nie iets wat ons al in Suid-A­fri­ka met ons wit truie ge­doen het nie.

“Tra­di­si­o­na­lis­te kan dalk na hul a­sem snak, maar ons moet aan­be­weeg. Dit is 111 jaar se­dert Suid-A­fri­ka vir die eer­ste keer in wit truie ge­speel het. Die rooi truie sal be­slis ’n ver­sa­mel­stuk word,” sê Roux.

■ Die rooi on­der­steu­nerstruie sal van van­dag af teen R750 in se­ke­re sport­win­kels wees.

E­ben Et­ze­beth, S­pring­bok­slot, pronk in die rooi trui waar­in die Bok­ke op 26 Au­gus­tus teen Ar­gen­ti­nië gaan speel. Links staan Siya Ko­li­si in die ge­wo­ne Bok­trui. Da­mi­an de Al­len­de en Jan Ser­fon­tein dra on­der­skei­de­lik die geel en die blou oe­fen­t­rui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.