Tay­lor S­wift in hof oor man wat glo haar boud gryp

Beeld - - NUUS - – Reu­ters

Tay­lor S­wift het Maan­dag langs haar pro­ku­reurs in ’n hof in Den­ver, Co­lo­ra­do, ge­sit ter­wyl ’n ju­rie ge­kies is vir die aan­ran­ding­saak teen ’n ra­dio-om­roe­per van Co­lo­ra­do.

S­wift (27) voer aan Da­vid Mu­el­ler (55), voor­ma­li­ge om­roe­per van die Co­lo­ra­do-ra­di­o­sta­sie KYGO-FM, het haar vier jaar ge­le­de ten ty­de van ’n fo­to­ses­sie be­tas.

Die ge­wil­de A­me­ri­kaan­se san­ger het Maan­dag ’n swart baad­jie en wit bloes aan­ge­had ter­wyl sy die hof­ver­rig­tin­ge dop­ge­hou het.

Sy sal na ver­wag­ting in ’n streek­hof ge­tuig oor die voor­val wat tot Mu­el­ler se af­dan­king ge­lei het.

S­wift sê Mu­el­ler het op 2 Ju­nie 2013 sy hand on­der haar rok in­ge­druk en haar boud vas­ge­gryp ter­wyl hul­le vir ’n foto ge­po­seer het.

“Dit was heel­te­mal op­set­lik. Ek was nog nooit so se­ker van iets in my le­we nie,” het S­wift voor­heen ver­klaar.

Mu­el­ler het eer­ste reg­stap­pe ge­doen om­dat hy aan­voer S­wift het hom vals­lik daar­van be­skul­dig dat hy haar be­tas het en die ra­di­o­sta­sie ge­dwing het om hom af te dank. Hy het so­doen­de ’n jaar­lik­se sa­la­ris van $150 000 (by­na R2 mil­joen) ver­loor.

S­wift het te­rug­ge­kap deur ’n klag van aan­ran­ding teen hom aan­han­gig te maak.

’n S­ka­re van S­wift se aan­han­gers sal die hof­ver­rig­tin­ge na ver­wag­ting by­woon.

Mu­el­ler sê S­wift se aan­ty­ging is “non­sens”. Hy ont­ken dat e­nig­iets on­van­pas ge­beur het toe hul­le vir foto’s ge­po­seer het.

Hy het op die foto tus­sen S­wift en sy mei­sie ge­staan.

Mu­el­ler se eis hou ver­band met in­men­ging in kon­trak­tu­e­le ver­plig­tin­ge en sa­ke­be­trek­kin­ge.

Ju­rie­le­de sal vas­stel wat­ter gel­de­li­ke ska­de hy ge­ly het as S­wift aan­spreek­lik ge­hou kan word.

Lui­dens hof­ver­slae het S­wift se ver­teen­woor­di­gers KYGO in­ge­lig oor die voor­val, maar sy het nie daar­op aan­ge­dring dat hy af­ge­dank word nie.

Die ra­di­o­sta­sie het die voor­val lui­dens hof­do­ku­men­te on­der­soek en Mu­el­ler twee dae la­ter af­ge­dank om­dat hy die mo­ra­li­teit s klou­su­le van sy kon­trak ver­breek het.

Nie een van die par­tye wil kom­men­taar le­wer nie om­dat die reg­ter be­veel het dat hul­le die saak nie in die o­pen­baar mag be­spreek nie.

S­wift het tus­sen Ju­nie 2015 en Ju­nie 2016 $170 mil­joen (so­wat R2,25 mil­jard ver­dien met haar top­ver­ko­per­al­bum 1989, be­rig die tyd­skrif For­bes.

Foto: REU­TERS

Tay­lor S­wift

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.