’n Bie­tjie lief­de . . . en 3 seuns blom

Beeld - - NUUS - Kay­de­ne Da­vids

Toe ’n eg­paar van Luck­hoff in die Vry­staat die dag be­sluit het om hul­le te ont­ferm oor drie jong seuns van ’n plak­kers­kamp na­by die dorp, het nie­mand be­sef hóé dras­ties hul le­we sou ver­an­der nie.

I­saac Louw (18), Gra­ham Raad (17) en Frans Kok (15) het in ar­moe­de ge­leef voor­dat Jan en Yo­lan­dy van Zyl, al­bei 43, hul­le on­der hul vlerk ge­neem het.

Dié eg­paar het so­wat vier jaar ge­le­de na Luck­hoff ver­huis en die drie seuns het daag­liks kom help met huis­wer­kies in ruil vir iets om te eet.

Die ver­hou­ding het so heg ge­word dat al drie in De­sem­ber 2014 by die ge­sin se huis in die dorp in­ge­trek het. Jan is ’n plaas­be­stuur­der en na­we­ke en skool­va­kan­sies kom kui­er die drie kinders op die plaas.

Voor­dat die Van Zyl-eg­paar I­saac ’n heen­ko­me in hul huis ge­bied het, het hy saam met sy ou­pa, ou­ma en nog 13 fa­mi­lie­le­de in ’n twee­ver­trek­huis in die plak­kers­kamp ge­woon.

Toe die eg­paar by die seuns be­trok­ke be­gin raak het, het Yo­lan­dy hul­le met hul huis­werk ge­help en hul­le som­mer ook leer skaak speel.

“Ve­ral Gra­ham het po­ten­si­aal ge­toon. Hy het gou ge­snap en is van­dag ’n ge­re­ken­de skaak­spe­ler. Hy was lid van die Vry­staat­se sko­le­span, wat pas der­de in die sko­le­toer­nooi in Dur­ban ge­ëin­dig het. Hy was ook eer­ste in sy ou­der­doms­groep.”

I­saac, wat soos Gra­ham in gr. 10 is, was ook lid van die Vry­staat-span.

Frans is ’n “bon­del­tjie lief­de”. “Hy is in gr. 5, maar toe hy op 11-ja­ri­ge ou­der­dom in ons le­we ge­kom het, was hy skaam en bang. Hy kon nie lees of skryf nie en was in ’n spe­si­a­le klas wat net hand­werk aan­bied.”

Yo­lan­dy, wat ’n kleu­ter­skool het, het ver­geefs pro­beer om hom te leer lees en skryf.

“Hy wou nie moed op­gee nie. Wan­neer Gra­ham en I­saac op die re­ke­naar be­sig was of skaak ge­speel het, het hy al­tyd ge­kyk.

“Toe ge­beur ’n won­der­werk. Hy het so goed aan­ge­pas dat hy van ’n spe­si­a­le klas na gr. 3 oor­ge­plaas is – hy het met lof ge­slaag.”

“Hul­le is nou eer­der ’n se­ën vir ons as wat ons vir hul­le is.”

Die seuns voel ook so oor die Van Zyl-eg­paar.

Die Van Zyls het ook vier kinders van hul eie, An­dy (20), wat deel­tyds stu­deer, Wes­ley en Ty­la, wat on­der­skei­de­lik in gr. 11 en gr. 10 is, en Klein Jan (3).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.