Ver­dag­te sê hy sien niks ver­keerds nie

Slag­of­fer vra glo om ent saam te ry

Beeld - - NUUS - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Uitroe­pe van on­ge­loof het gis­ter in die rond­gaan­de hof in Mid­del­burg op­ge­klink toe Willem Oosthuizen ge­tuig het hy sien niks ver­keerds met die doodskisvideo’s nie.

Lo­nia Mlotshwa is kort voor dié ge­tui­e­nis van Oosthuizen hui­lend uit die hof ge­neem toe die twee vi­deo’s van haar seun, Vic­tor, wat in die doods­kis ge­dwing word, weer op ’n groot skerm ver­toon is.

Mlotshwa is ver­le­de jaar op ’n plaas in die B­link­pan-dis­trik bui­te Mid­del­burg deur Oosthuizen en T­heo Jack­son in die kis ge­dwing.

Die vi­deo’s, wat deur die be­skul­dig­des ge­maak is, toon hoe die kis se dek­sel op Mlotshwa af­ge­druk word ter­wyl hy pro­beer keer. Hy huil in ’n hoë stem­toon ter­wyl dit ge­beur.

Oosthuizen het op ’n vraag van Way­ne Gibbs, sy ad­vo­kaat, ge­sê hy be­stem­pel sy op­tre­de nie as on­wet­tig nie.

Hy het ge­tuig sy hoog­ste kwa­li­fi­ka­sie is st. 8 (gr. 10). Sy een kind is am­per twee jaar oud en die an­der een ne­ge maan­de.

Hy het op 7 Sep­tem­ber ver­le­de jaar wer­kers ge­neem om klip­pe op te tel waar die grond ge­ploeg is. Hy het as voor­man vir G&M Far­ming ge­werk.

Ter­wyl hul­le be­sig was, het hy na ’n an­der plaas ge­ry en Mlotshwa in ’n mie­lie­land op­ge­merk. Hy het Jack­son ge­bel en hul­le het hom saam aan­ge­keer.

Toe hul­le hom voor­keer, het Mlotshwa met ’n “in­stru­ment” na hom ge­mik, sê Oosthuizen. Dit was ’n stok met ’n “bout of iets wat voor­aan vas­ge­maak is”. Hy het Mlotshwa ge­dreig en hy “het die ding laat sak”.

Vol­gens Oosthuizen het hy hom ge­vra wat in die swart sak is wat hy by hom ge­had het. Hy het ge­sê dit is kle­re.

“Ek het hom deur­ge­soek vir i­den­ti­fi­ka­sie, maar kry toe net ’n beur­sie met R10 in.”

Jack­son het hom ge­wys daar is ko­per­ka­bels in die swart sak, het Oosthuizen ge­tuig.

“Hy het ge­smeek dat ek hom asseblief nie po­li­sie­kan­toor toe moet vat nie. Hy het tot ge­sê ons kan hom slaan of iets, ons moet hom net nie po­li­sie­kan­toor toe vat nie.

“Ek sê toe dit gaan nie werk nie, ons gaan hom steeds po­li­sie­kan­toor toe vat. Hy het be­gin dreig hy gaan die plaas el­ke jaar af­brand as die mie­lies droog is. En hy sal ook ons vroue en kinders dood­maak, want hy weet hul­le is deur die dag al­leen by die huis.”

Oosthuizen het ge­tuig hy was kwaad en bang hier­oor, want hy werk heel­dag en sy vrou en kinders is by die huis. “Ek het nie ’n vuur­wa­pen nie en my neef is in ’n plaas­aan­val ver­moor.”

Hul­le het Mlotshwa daar­na met die kis ge­dreig om­dat Han­nes de Beer, ei­e­naar van die plaas, al voor­heen ge­sê het men­se is “baie bang” vir die kis.

Hy het ook ge­tuig Mlotshwa het hom ná die voor­val ’n saam­ry­ge­leent­heid tot by die groot­pad ge­vra.

‘‘

Hy het ge­smeek dat ek hom asseblief nie po­li­sie­kan­toor toe moet vat nie.

— WILLEM OOSTHUIZEN

Foto: JE­AN­NE­MA­RIÉ VER­SLUIS

Willem Oosthuizen (28) gis­ter­og­gend bui­te die hof­saal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.